Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Okt 2024]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Oktober 2024


Theresa se lewe is in gevaar en Sanet se hart en lewe rafel uit ná Wim se dood. ‘Diepe Waters’-kykers kan na dít en nog meer in Oktober uitsien. Hier is ons kykgids.

Stroom 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Oktober 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Dinsdag, 1 Oktober 

Theresa word geteister deur iemand uit haar verlede. Charity stel die man in haar lewe aan Anja en Rossouw voor. ’n Geheimsinnige vrou klop by die Swartmarlyne se deur aan.

Woensdag, 2 Oktober 

Lucas en René stamp koppe oor sy toekoms. Theresa en Jacques is op soek na bewyse om hul senuwees te kalmeer. Shane en Charity se verhouding staan voor ’n kruispad.

Donderdag, 3 Oktober 

Jacques is gereed om Theresa te beskerm. Karla en Lucas se band versterk. Anja is bekommerd oor beide Charity en Sanet.

Maandag, 7 Oktober 

Sanet is steeds te neerslagtig oor Wim se dood om by Anja se trouplanne betrokke te raak. Lucas en René sit vas oor sy oefenprogram. Shane probeer Charity oortuig om met sy ouers te praat.

Dinsdag, 8 Oktober 

Karla deel amper Sanet se geheim met Anja. Anja moedig Charity aan om Shane se ouers ’n kans te gee. Jacques is bekommerd oor Theresa se vertraagde aankoms.

Woensdag, 9 Oktober 

Jacques jaag vir lewe en dood. Karla wil Lucas help om sy vrees te oorkom. Anja probeer Sanet opbeur.

Donderdag, 10 Oktober 

Anja voel seergemaak omdat Sanet nie saam met haar opgewonde is oor haar troue nie. Jacques en Theresa voel gefrustreerd wanneer die dreigemente nie ophou nie. 

Maandag, 14 Oktober 

Lucas maak ’n deurbraak in die water. Charity gee vir Shane ’n tweede kans. ’n Onwelkome besoeker daag by Theresa se voordeur op.

Dinsdag, 15 Oktober 

Gys deel ’n opwindende aanbod met Lucas en René, maar sy plan tref ’n spoedwal. Iemand het donker wraakplanne – sal die slagoffer oorleef?

Woensdag, 16 Oktober 

Jacques se skuld vreet aan hom. Gys het nuus vir René en Lucas. Charity en Shane se nuwe verhouding word getoets.

Donderdag, 17 Oktober 

René en Lucas maak hulle tuis in die Swarts-huis. Gys moedig vir Lucas aan om groter te droom.

Maandag, 21 Oktober 

Gys stel René aan die swemmers voor. Sanet word aan Wim herinner en loop by haar AA-vergadering uit. Charity smeek iemand om van hul soen te vergeet, maar hy bely sy liefde. 

Dinsdag, 22 Oktober 

Charity stoei met haar emosie en neem ’n moeilike besluit. Lucas beleef ’n groot terugslag in die swembad. Zelda het ’n idee wat Sanet se gemoed kan lig.

Woensdag, 23 Oktober 

Sanet is bekommerd oor haar geheueverlies. Karla is bekommerd dat Gys met Lucas se kop smokkel.

Donderdag, 24 Oktober 

Sanet ontvang nog slegte nuus. Spanning tussen Jacques en René bou. 

Maandag, 28 Oktober 

Sanet gee die eerste tree terug na haar ou lewe, maar ’n figuur in die skaduwees dreig om haar vordering te verpletter.

Dinsdag, 29 Oktober 

Lucas is nog steeds kwaad vir Karla. Net wanneer Sanet dink dat sy alles onder beheer het, gebeur daar iets onverwags.

Woensdag, 30 Oktober 

Boskruin leef in spanning oor Sanet. Pam bring vir Lettie belangrike nuus oor die kos resensent. Anja en Jacques dink René raak te groot vir haar skoene.

Donderdag, 31 Oktober 

Rossouw probeer Anja se kommer oor René met Gys deel. Ná ’n moeilike dag van oefening tree Juvan in as ’n vriend vir Lucas. Magda oortuig Sanet om haar die waarheid te vertel.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies