Menu terloops
In Sepies [25 Feb 2025]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Maart 2025


Karla is in die middel van ’n liefdesdriehoek wat twee vriende uitmekaar kan dryf, en daar’s iets wat tussen Rossouw en Lucy broei… Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Stroom 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Maart 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Maandag, 3 Maart  

Gys beplan iets spesiaals vir Zelda. Lucas is vasgevang in ’n ongemaklike liefdesdriehoek. Lucy en Rossouw groei nader aan mekaar.

Dinsdag, 4 Maart 

Karla stem in tot ’n tweede afspraak saam met Juvan. Rossouw en Lucy se vriendskap groei. Zelda het ’n knaende gevoel…

Woensdag, 5 Maart 

Karla besef sy kan nie meer as vriende met Lucas wees nie. Rossouw en Lucy se verhouding ontwikkel. Gary oorweeg sy opsies.

Donderdag, 6 Maart 

’n Ongenooide gas ontwrig Gys en Zelda se troudag. Sanet waarsku Rossouw teen Lucy. Lucas deel iets persoonlik met René.

Maandag, 10 Maart 

Gys maak ’n aankondiging. Rossouw en Lucy vertrek op hul oornagafspraak, en Karla en Juvan se afspraak het goed begin.

Dinsdag, 11 Maart 

Juvan is in die sewende hemel ná sy aand met Karla. Zelda word gebombardeer met veragting.

Woensdag, 12 Maart 

Lucas erken sy gevoelens vir Karla. Rossouw en Lucy is nie op dieselfde bladsy nie. Zelda is op soek na Gary.

Donderdag, 13 Maart  

Gys konfronteer die emosionele gevolge van Zelda se optrede. Lucas en Karla besluit om Juvan die waarheid te vertel – sal hul vriendskap oorleef?

Maandag, 17 Maart  

Juvan se kop haak weer uit. Rossouw probeer met Lucy opmaak. Zelda verloor die laaste persoon wat vir haar omgee.

Dinsdag, 18 Maart  

Karla probeer om Juvan en Lucas se vriendskap te red. Lucy het ’n slegte reaksie toe Rossouw haar met ’n geskenk verras.

Woensdag, 19 Maart 

Gys probeer van die hond ontslae raak. Lucy het nuus vir Nina. Iemand doen aansoek vir ’n posisie by Skinvestment.

Donderdag, 20 Maart 

Gys is geïrriteerd met Zelda. Die gevryery maak vir Lucas ongemaklik. Daar is ’n nuwe gesig in Boskruin.

Maandag, 24 Maart  

Lucas voel onseker oor sy verhouding met Karla. Zelda stel ’n nuwe terapeut aan.

Dinsdag, 25 Maart  

Karla en Lucas vind hulself in ’n ongemaklike gesprek. Zelda en Gys stry oor uitstaande skuld.

Woensdag, 26 Maart  

Zelda voel onseker oor Gys en René se vriendskap. Gys dink Lucas benodig ’n sterk pa-figuur in sy lewe.

Donderdag, 27 Maart  

Die Swartmarlyne se familie-soirée is ’n verrassende aand vir Sanet en Fourie. Juvan besluite om Lucas en Karla te vergewe. Kelsey beïndruk Zelda verder.

Maandag, 31 Maart

Sanet ontmoet Fourie se eks-vrou. René daag Gys uit, en Pam vis wat by Skinvestment aangaan.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies