Menu terloops
In Wat om te kyk [28 Jan 2025]

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Februarie 2025


Die spanning tussen Gys, René en Zelda loop hoog, en Lucas verdwyn… Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Stroom 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-kykgids vir Februarie 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Maandag, 3 Februarie

Lucas is steeds nie by die huis nie. Nelius is woedend omdat René nie sy oproepe beantwoord nie.

Dinsdag, 4 Februarie

’n Groot soekgeselskap is aan die gang om Lucas te vind. Rossouw wys vir Sanet sy gimnasium.

Woensdag, 5 Februarie

Rossouw trek uit Sanet se huis. Nina is baie kwaad oor die min ondersteuning wat sy ontvang.

Donderdag, 6 Februarie

Lucas bly vermis. Henry ontdek iets vreesaanjaend, en René vind troos in iemand se arms.

Maandag, 10 Februarie

Karla en Juvan besluit om Lucas se soektog in eie hande te neem. Daar is spanning tussen Gys en René…

Dinsdag, 11 Februarie

Gys speel ’n gevaarlike speletjie. Karla en Juvan voel hulpeloos. Lucas hou moed, ondanks sy verswakte toestand.

Woensdag, 12 Februarie

Karla kan nie glo wat sy sien nie. Sanet gee vir Rossouw ’n nuwe idee vir sy oefenprogram. Gys maak ’n belangrike aankondiging.

Donderdag, 13 Februarie

Pam stel voor dat Rossouw ’n make-over kry. Zelda sê vir Gys sy wil oor ’n paar weke trou. Lucas word wakker.

Maandag, 17 Februarie

René probeer hard om haar kant van die storie aan Lucas te verduidelik. Rossouw word deur Pam en Theresa verras.

Dinsdag, 18 Februarie

Zelda gaan voort met haar trouplanne. Dinge tussen Lucas, René en Nelius bly gespanne.

Woensdag, 19 Februarie

’n Donker geheim uit Zelda se verlede kom spook by haar. Lucas skraap die moed bymekaar om ’n moeilike gesprek met Juvan te hê.

Donderdag, 20 Februarie

Gary plaas druk op Zelda. Lucy vind uit oor Rossouw se verlede. Juvan wil vir Karla uitvra.

Maandag, 24 Februarie

Juvan probeer om vir Karla uit te vra. Rossouw en Lucy is weer in mekaar se spasie. Zelda is bang Gary weet te veel.

Dinsdag, 25 Februarie

Gary kry ’n skok wanneer hy by Zelda se kantoor opdaag. Lucy en Rossouw beweeg nader aan mekaar.

Woensdag, 26 Februarie

Sanet hoor van Rossouw se nuwe vriendin. Karla stem in tot ’n aand uit met Juvan. Gary kry die bewyse wat hy nodig het.

Donderdag, 27 Februarie

Karla en Juvan gaan saam uit, en Lucas voel jaloers. Zelda mis amper Pam se verrassing. 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies