Menu terloops
In Wat om te kyk [25 Nov 2024]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Desember 2024


Jacques en Theresa stamp koppe, terwyl Rossouw ’n reuse-fout maak met verreikende gevolge. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Stroom 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Desember 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Maandag, 2 Desember 

Theresa sê vir Jacques dat hy kan werk toe gaan. Lucas wil nie Spanje toe gaan nie. Gys sukkel om Zelda die waarheid te vertel.

Dinsdag, 3 Desember

René deel die geheime van haar verlede met Zelda. Sal die herinneringe haar verhouding met Lucas verwoes?

Woensdag, 4 Desember

Theresa en Jacques stamp koppe. Rossouw word aan ‘Alisa’ voorgestel. Lucas groet in die geheim vir Gys.

Donderdag, 5 Desember

Gys breek Zelda se hart. Theresa vind troos waar sy dit nie verwag nie. Rossouw se geduld raak op.

Maandag, 9 Desember

Alisa vertel Sanet die waarheid. Pam plant ’n saadjie by Theresa oor hoe om Wessel uit te sorteer. Zelda gee vir René raad oor Nelius.

Dinsdag, 10 Desember

Rossouw het ’n moeilike keuse om te maak. Lucas ontmoet vir Nelius. Zelda bevraagteken haar verhouding met Gys.

Woensdag, 11 Desember

Theresa vind nuwe moed op vreemde plekke. Zelda is vasbeslote om uit Gys se huis te trek.

Donderdag, 12 Desember

Zelda trek uit. Anja is ongelukkig wanneer Rossouw empatie wys. Kurt sien vir Theresa op ’n vreemde plek.

Maandag, 16 Desember

Rossouw en Anja sit nie om dieselfde vuur nie. Jacques wonder hoekom Theresa nie vir hom die waarheid vertel nie.

Dinsdag, 17 Desember

Pam hou ’n noodvergadering. Wessel kry ’n onverwagse besoeker. Spanning tussen Anja en Rossouw kook oor.

Woensdag, 18 Desember

Die verlowing word deur ’n ongenooide gas onderbreek. Tommie is in die middel van ’n ingewikkelde situasie vasgevang.

Donderdag, 19 Desember

Rossouw voel skuldig en teleurgesteld in homself. Jacques en Theresa word ondervra. Tommie moet die waarheid vertel.

Maandag, 23 Desember

Rossouw se skuldgevoelens kry die oorhand. Tommie en Tomi se verhouding is op dun ys.

Dinsdag, 24 Desember

Sanet vang iemand uit. René en Lucas sluit by Tomi se protesaksie aan. Die moordenaar bieg.

Woensdag, 25 Desember

Dis Kersdag. Kurt het die geweer gevind. Rossouw smeek Anja vir vergifnis. Juvan en Nelius kry ’n onverwagte gas.

Donderdag, 26 Desember

Rossouw het slegte nuus vir die familie. Jacques word oorweldig met vrae oor Theresa.

Maandag, 30 Desember

Die Swartse reageer op Rossouw se nuus. Karla en Johan eis antwoorde van Sanet. Sal Tommie die waarheid kan deel?

Dinsdag, 31 Desember

Rossouw is vol selfbejammering. Tommie bevind homself tussen sy pa en Tomi. Theresa se dag in die hof het aangebreek.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies