Menu terloops
In Wat om te kyk [25 Nov 2024]

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Desember 2024


Jacques en Theresa stamp koppe, terwyl Rossouw ’n reuse-fout maak met verreikende gevolge. Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Stroom 'Diepe Waters'

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir Desember 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Diepe Waters kan verwag.

Maandag, 2 Desember 

Theresa sê vir Jacques dat hy kan werk toe gaan. Lucas wil nie Spanje toe gaan nie. Gys sukkel om Zelda die waarheid te vertel.

Dinsdag, 3 Desember

René deel die geheime van haar verlede met Zelda. Sal die herinneringe haar verhouding met Lucas verwoes?

Woensdag, 4 Desember

Theresa en Jacques stamp koppe. Rossouw word aan ‘Alisa’ voorgestel. Lucas groet in die geheim vir Gys.

Donderdag, 5 Desember

Gys breek Zelda se hart. Theresa vind troos waar sy dit nie verwag nie. Rossouw se geduld raak op.

Maandag, 9 Desember

Alisa vertel Sanet die waarheid. Pam plant ’n saadjie by Theresa oor hoe om Wessel uit te sorteer. Zelda gee vir René raad oor Nelius.

Dinsdag, 10 Desember

Rossouw het ’n moeilike keuse om te maak. Lucas ontmoet vir Nelius. Zelda bevraagteken haar verhouding met Gys.

Woensdag, 11 Desember

Theresa vind nuwe moed op vreemde plekke. Zelda is vasbeslote om uit Gys se huis te trek.

Donderdag, 12 Desember

Zelda trek uit. Anja is ongelukkig wanneer Rossouw empatie wys. Kurt sien vir Theresa op ’n vreemde plek.

Maandag, 16 Desember

Rossouw en Anja sit nie om dieselfde vuur nie. Jacques wonder hoekom Theresa nie vir hom die waarheid vertel nie.

Dinsdag, 17 Desember

Pam hou ’n noodvergadering. Wessel kry ’n onverwagse besoeker. Spanning tussen Anja en Rossouw kook oor.

Woensdag, 18 Desember

Die verlowing word deur ’n ongenooide gas onderbreek. Tommie is in die middel van ’n ingewikkelde situasie vasgevang.

Donderdag, 19 Desember

Rossouw voel skuldig en teleurgesteld in homself. Jacques en Theresa word ondervra. Tommie moet die waarheid vertel.

Maandag, 23 Desember

Rossouw se skuldgevoelens kry die oorhand. Tommie en Tomi se verhouding is op dun ys.

Dinsdag, 24 Desember

Sanet vang iemand uit. René en Lucas sluit by Tomi se protesaksie aan. Die moordenaar bieg.

Woensdag, 25 Desember

Dis Kersdag. Kurt het die geweer gevind. Rossouw smeek Anja vir vergifnis. Juvan en Nelius kry ’n onverwagte gas.

Donderdag, 26 Desember

Rossouw het slegte nuus vir die familie. Jacques word oorweldig met vrae oor Theresa.

Maandag, 30 Desember

Die Swartse reageer op Rossouw se nuus. Karla en Johan eis antwoorde van Sanet. Sal Tommie die waarheid kan deel?

Dinsdag, 31 Desember

Rossouw is vol selfbejammering. Tommie bevind homself tussen sy pa en Tomi. Theresa se dag in die hof het aangebreek.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies