Menu terloops
In Lysie-lysie [3 Feb 2025]

‘Diepe Waters’ in Februarie: Dís wat kykers moet weet


Van karakters wat mekaar baie verkeerd opvryf tot ’n algehele transformasie wat almal se koppe gaan laat draai – hier is vyf goed wat kykers vandeesmaand in ‘Diepe Waters’ moet dophou.

Stroom 'Diepe Waters'

‘Diepe Waters’ in Februarie: Dís wat kykers moet weet

Februarie gaan ’n maand vol spanning en verrassende onthullings wees – hier is vyf belangrike Diepe Waters-storielyne om dop te hou:

1

Die soektog na Lucas duur voort

Met elke dag wat verbygaan, styg die emosionele spanning. Almal is baie bekommerd oor Lucas, en Karla en Juvan besluit om ’n soektog op hul eie aan te pak. Maar wag daar net tragedie?

2

Spanning loop hoog

Soos die maand verloop, vryf René en Nelius mekaar verkeerd op. Intussen speel Gys ’n gevaarlike speletjie nadat iets gebeur het wat groot gevolge kan hê.

3

Liefde en jaloesie

Hoewel Karla reeds besluit het hoe sy oor Juvan voel, keer dit hom nie om steeds sy bes te probeer om haar guns te wen nie. Zelda se trouplanne begin vorm aanneem, maar nie almal deel in haar opgewondenheid nie.

4

Geheime word ontbloot

Asof daar nie onlangs genoeg bekentenisse was nie, word nog geheime onthul. Hierdie keer is dit iets uit Zelda se verlede wat kom spook… 

5

’n Nuwe begin

Rossouw het lank gesukkel om oor Anja te kom en vrede te maak met die feit dat hy haar vir altyd verloor het. Hy besluit om ’n nuwe begin te maak, wat ’n leefstyl-transformasie behels. Maar Pam en Theresa het ander planne vir hom – planne wat almal se koppe gaan draai!


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies