Menu terloops
In Wat om te kyk [31 Mar 2025]

‘Diepe Waters’ in April: Hou dié storielyne dop


April is vol drama met verhoudings wat getoets word, geheime wat opduik, en onverwagte uitdagings wat alles omvergooi. Hier is vyf storielyne wat kykers vandeesmaand in ‘Diepe Waters’ moet dophou.

Stroom 'Diepe Waters'

‘Diepe Waters’ in April: Hou dié storielyne dop

Maak gereed vir ’n April vol drama en geheime! Van onverwagte waarhede tot verhoudings wat wankel, hier is die vyf storielyne wat jy nie vandeesmaand in Diepe Waters wil misloop nie.

1

Zelda se donker geheim 

Zelda stel al haar vertroue in Kelsey… totdat ’n skokkende geheim haar wêreld omkeer en sy voor ’n donker keerpunt te staan kom.

2

Pam ontvang skokkende nuus

Terwyl sy haar ma se situasie moet hanteer, ontvang Pam skokkende nuus wat haar wêreld onherroeplik verander en haar dwing om moeilike besluite te neem.

Diepe Waters, April hoogtepunte
Wat is die nuus wat Pam se lewe omverwerp? Foto: Skermgreep
3

Gys en René se kompliseerde verhouding 

Namate hulle nader aan mekaar groei, vervaag die grense tussen dié twee ‘vriende’. Dít lei tot onverwagte en gekompliseerde gevolge.

4

Fourie se verlede herleef 

Sanet en Fourie se verhouding word herhaaldelik ontwrig danksy Bianca. ’n Geheim wat lank weggesteek is, word ontbloot as Bianca ou bande probeer herstel en Fourie uiteindelik uitvind hoekom sy hom jare gelede gelos het.

Diepe Waters, April hoogtepunte
Gaan Bianca (Natasja Jacobs) haar sin kry? Foto: Skermgreep
5

’n Koninklike verrassing

Net wanneer dinge nie meer chaoties kan raak nie, ontvang die Swartmarlyne ’n onverwagse besoek… van ’n prins!


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies