Sonder om enige verrassings te bederf – hier is vyf storielyne wat vandeesmaand vir drama in die wêreld van ons gunsteling-karakters in Diepe Waters gaan sorg.
Liefde op die rand van ’n ramp
Die reëlings vir ’n langverwagte troue is in volle gang, maar liefde alleen is dalk nie genoeg om dinge vlot te laat verloop nie. Twyfel, verrassings en spanning dreig om alles te ontspoor – en vinnig.
Jong liefde blom – of nie?
’n Romantiese verhouding begin vlamvat – maar dinge raak dan blitsig ingewikkeld. Met derde partye wat hul opwagting maak en ou bande wat opnuut versterk word, word gevoelens op die proef gestel.

Skokgolwe
Wanneer ’n nuwe verhouding aan die lig kom, het dit verreikende gevolge – veral vir die kinders. Emosies loop hoog en ’n familiebesluit word geneem wat dinge heeltemal omdompel.
Onder skoot
’n Bekende gesig word die middelpunt van ’n mediastorm. Artikels, bewerings en openbare opinie loop hand aan hand – en dit het ’n impak op meer as net dié persoon se reputasie.
Geheime en keuses
Terwyl sommige mense op ’n tweede kans hoop, word ander weer gekonfronteer met ondenkbare keuses. Van potgooi-planne tot agterdog – oënskynlik het almal iets om weg te steek.
Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.