Menu terloops
In Wat om te kyk [30 Mei 2025]

‘Diepe Waters’: Hou dié 5 storielyne in Junie dop


Junie se episodes van ‘Diepe Waters’ is propvol draaie wat jy beslis nie gaan sien kom nie…

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

‘Diepe Waters’: Hou dié 5 storielyne in Junie dop

Sonder om enige verrassings te bederf – hier is vyf storielyne wat vandeesmaand vir drama in die wêreld van ons gunsteling-karakters in Diepe Waters gaan sorg.  

1

Liefde op die rand van ’n ramp 

Die reëlings vir ’n langverwagte troue is in volle gang, maar liefde alleen is dalk nie genoeg om dinge vlot te laat verloop nie. Twyfel, verrassings en spanning dreig om alles te ontspoor – en vinnig.

2

Jong liefde blom – of nie?

’n Romantiese verhouding begin vlamvat – maar dinge raak dan blitsig ingewikkeld. Met derde partye wat hul opwagting maak en ou bande wat opnuut versterk word, word gevoelens op die proef gestel.

Diepe Waters storielyne
Wat gaan van dié jong liefde word? Foto: Skermgreep
3

Skokgolwe

Wanneer ’n nuwe verhouding aan die lig kom, het dit verreikende gevolge – veral vir die kinders. Emosies loop hoog en ’n familiebesluit word geneem wat dinge heeltemal omdompel.

4

Onder skoot

’n Bekende gesig word die middelpunt van ’n mediastorm. Artikels, bewerings en openbare opinie loop hand aan hand – en dit het ’n impak op meer as net dié persoon se reputasie.

5

Geheime en keuses

Terwyl sommige mense op ’n tweede kans hoop, word ander weer gekonfronteer met ondenkbare keuses. Van potgooi-planne tot agterdog – oënskynlik het almal iets om weg te steek.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies