Menu terloops
In Sepies [10 Jun 2024]

Jou telenovela-gids: ’n Droom word waar in ‘Moederhart’


Nuwe vennootskappe en karakters op die vlug… Waarna kan jy hierdie week (10 tot 13 Junie 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: ’n Droom word waar in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 10 Junie 

Nefise slaan saam met Muzaffer en Mert op die vlug. Onur en Zeynep ontmoet ’n nuwe vennoot. Tugba se angstigheid neem toe..

Dinsdag, 11 Junie

Muzaffer, Mert en Nefise is steeds op vlug en soek skuiling. Zeynep en Onur is nog meer oortuig dat Kartal Kara eintlik Ahmet is.

Woensdag, 12 Junie

Zeynep stort ineen. Lutfi neem Azime uit vir ’n romantiese aand en laat een van haar grootste drome waar word.

Donderdag, 13 Junie

Kartal neem sy intrek in die Karamaner-kantoorgebou. Aysun word siek op die boot.


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies