Menu terloops
In Wat om te kyk [24 Sep 2021]

Die Verhaal van Racheltjie de Beer


Ons almal weet hoe hierdie tragiese volksverhaal eindig…RIP Racheltjie.

Kyk nou

Die Verhaal van Racheltjie de Beer
Kyk lokprent

Suid-Afrika se wildernis in die 1800’s: Vyf jaar nadat hul ma dood is, stel Rachel, ’n net-net tienermeisie, en haar vyfjarige boetie, Jamie, saam met hul pa koers in na ’n nuwe lewe op die goudvelde. Maar dan verdwyn Jamie in ’n sneeustorm en Rachel durf die dodelike koue aan om na haar boetie te soek. 

Die geliefde heldin van die alombekende plaaslike volksverhaal word meelewend deur Zonika de Vries vertolk – sy het boonop ’n Silwerskermfees-toekenning in 2019 vir haar spel ingepalm. Die fliek is ook bekroon vir produksieontwerp en visuele effekte, met die veteraanakteur Stian Bam (Kompleks) wat as beste akteur aangewys is. 

Stroom dit op Showmax

Genre: Drama
Tydsduur: 102 minute
Regie: Matthys Boshoff
Rolverdeling: Zonika de Vries (Sewentig Maal Sewe), Stian Bam, Sandra Prinsloo (Twee Grade van Moord) en ander. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies