Menu terloops
In Silwerskermfees [15 Jul 2024]

‘Die boodskapper’: ‘Klein filmpie’ met ʼn groot hart


’n Klein seuntjie se trane maak ’n kleimannetjie lewendig in Paul Crafford se kortfliek ‘Die boodskapper’ wat deel is van vanjaar se Silwerskermfees se Shotgun Shorts-afdeling.

Deur Riëtte van der Wat
‘Die boodskapper’: ‘Klein filmpie’ met ʼn groot hart
Kyk lokprent

In Die boodskapper word stop-animasietegnieke en tradisionele rolprentmaak gekombineer om binne slegs twaalf minute ’n storie te vertel van ’n seuntjie, Jake (Liam Kruger), wat vasgevang is in die bittere konflik tussen sy ouers, Susan (Izaan du Toit) en Frank (Emile Hager).

Die skrywer en regisseur, Paul Crafford, ’n veelsydige inhoudsontwikkelaar, gesels met Riëtte van der Wat oor die fliek.

Wat het jou geïnspireer om Die boodskapper te skryf?

“Dit was ’n lockdown-projek. Ek het daai tyd so bietjie daaraan geskryf en met klei-animasie geëksperimenteer. Daarna het ek die projek gelos en nie regtig weer daarna gekyk nie. Verlede jaar, toe ek by die Silwerskermfees was, het ek gehoor van die Shotgun Shorts-kategorie en gedink: ‘Kom ek gee dit ’n shot.’”

Wat is die uitdagings wat ’n kortfliek inhou in terme van storievertel?

“My fliek is net twaalf minute lank en wat ek agtergekom het, is dat jy regtig net ’n oomblik het om iemand se hart te steel. Dit is die grootste uitdaging van só ’n tipe fliek: hoe om iemand baie vinnig iets te laat voel. Ek dink in só ’n klein kortfilm is dit moeilik om ’n volledige prentjie te teken. Jy moet maar kies watter lyne jy insluit en wat jy wil hê die kyker moet invul. Ons vorm mos maar almal ons eie opinie van die karakters.”

Jy was by die hele proses betrokke: van die konseptualisering tot die skryfwerk, regie, animasie en kinematografie. Hoe voel dit om jou stempel so op die hele kreatiewe proses te sien?

“Ek was baie na aan die projek, want met sulke tipe projekte doen ’n mens maar wat jy kan met die hulpbronne wat jy het. Daar was nie eindelose begroting vir animeerders en post-produksiespanne nie. Dit was ’n goeie leerervaring.

“Soms moes ek net ’n bietjie wegstap om weer nader te kom aan die hart van die storie. Ek is baie trots op die visuele stempel wat ek op die fliek afgedruk het. Baie van die beelde en sekwense het uitgekom net soos ek dit my verbeel het. Party daarvan dalk selfs ’n bietjie beter. Ek is baie trots op ons klein filmpie.”

Hoe was jou ervaring om met Liam Kruger as kinderakteur te werk?

“Hy is ’n goeie klein akteur en hy was baie professioneel. Ek was dalk so ’n bietjie huiwerig om te veel vir ’n kind te skryf en dan die gevaar te loop om nie nie die regte kinderakteur te kan kry nie, en in retrospek is ek eintlik spyt ek het nie so bietjie meer vir Liam geskryf nie.”

Die kleimannetjie het ’n eenvoudige lyfie en gesig, maar daar is soveel emosie in hom. Hoe het julle dit reggekry?

“Ek dink wat in die mannetjie se guns tel, is juis dat hy so eenvoudig is. Dis makliker om jou eie emosies te projekteer op iets wat ’n bietjie meer pretensieloos is. Ek dink die aard van die medium, enkelraam- of klei-animasie, is al klaar bietjie magical, want ’n mens vat iets wat nié lewendig is nie en maak dit lewendig deur ’n klomp foto’s te neem. Ek dink mense síén dit. Die mannetjie se eenvoud was dus ’n belangrike strategie. Ek wou nooit gehad het hy moes té mooi lyk nie.”


Koop kaartjies vir die 2024 Silwerskermfees op Quicket. Vanjaar se fees loop van 28 tot 31 Augustus 2024.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies