Menu terloops
In Gons [3 Sep 2024]

Dans, dans, dans! SA kry weer plaaslike ‘Dancing with the Stars’


Dis weer tyd vir Suid-Afrika se bekendes en danskampioene om hul beste (dans)voetjie voor te sit – ‘Dancing with the Stars SA’ keer eersdaags terug.

Dans, dans, dans! SA kry weer plaaslike ‘Dancing with the Stars’

Pas nadat ’n Afrikaanse weergawe van The Office tydens vanjaar se Silwerskermfees aangekondig is, het die BBC se plaaslike produksiemaatskappy, Rapid Blue, en Primedia Studios ook nuus gehad om te deel: ’n ooreenkoms is gesluit om die übergewilde realiteitsreeks, Dancing with the Stars, se plaaslike weergawe te laat herleef. 

Rapid Blue het ook die vorige plaaslike aflewering van Dancing with the Stars SA, wat vir die eerste keer in 2018 aangebied is, vervaardig. Die destydse aanbieders was die akteurs Chris Jaftha en die radio- en TV-aanbieder Tracey Lange. 

Die Dancing with the Stars-formaat het al meer as 130 internasionale toekennings gewen en blyk steeds een van die gewildste en mees gekykte reekse onder beide Amerikaanse en Britse gehore te wees. In Brittanje vier dié bekroonde program vanjaar sy 20ste bestaansjaar.

Glo gaan die nuwe weergawe ’n keur van die land se sogenaamde “A-lys beroemdes” insluit. Dié celebs, sowel as die beoordelaars en professionele dansers wat saam met die beroemdes deelneem, sal later bekendgemaak word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies