Menu terloops

DAM S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 16 Feb 2023]


‘DAM’ is ’n Showmax Original-rillerreeks met Lea Vivier in die hoofrol.

Kyk nou

DAM S1-2
Kyk lokprent

Lea Vivier vertolk die hoofrol in regisseur Alex Yazbek se sielkundige riller, DAM.

In die eerste seisoen het ons Vivier as Yola Fischer ontmoet. Yola is ’n jong vrou wat vanaf Chili na haar klein tuisdorp in die Oos-Kaap teruggekeer het om haar vervreemde pa te begrawe. Dis dan wanneer haar duistere verlede haar inhaal. Dis asof die plaashuis wat sy, tot haar suster se ontsteltenis, van haar pa geërf het, met haar probeer praat. Amper asof dit geheime met haar wil deel…

Die tweede seisoen, wat vanaf 16 Februarie 2023 op Showmax in weeklikse sarsies beskikbaar gestel word, tel die drade van die storie sowat drie maande ná die Lentefees op. Dit lyk of die kultus se rituele offer gewerk het: reën het immers geval en die land vernuwe. Maar Yola onthou niks sedert sy van haar pa se begrafnis teruggekeer het nie…

Buiten dat DAM die meeste benoemings vir ’n dramareeks by die 2022 SAFTA’s ingeryg het, is dit ook goed deur kykers én resensente ontvang, met laasgenoemde wat telkens verwys het na die manier waarop die reeks grense in Suid-Afrikaanse TV verskuif het.

DAM is in Adelaide en Bedford in die Oos-Kaap verfilm, en die rolverdeling sluit ook sterre soos Natasha Loring, Antoinette Louw, Tarryn Wyngaard, Faniswa Yisa, Laudo Liebenberg en Marvin-Lee Beukes in.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies