Menu terloops

Crossfire S1

Op Showmax [Gepubliseer op 28 Feb 2023]


In hul vierster-resensie het Radio Times die driedelige BBC-minireeks ‘Crossfire’ as beide “aangrypend” en “hartverskeurend” beskryf. 

Crossfire S1
Kyk lokprent

Crossfire volg die voormalige polisiebeampte Jo, wat teen die agtergrond van haar huwelik wat uitmekaar val, haar gesin met vakansie na die Kanariese eilande neem. Maar hul droomvakansie verander in ’n nagmerrie as gewapende mans hul hotel aanval. Sy en haar gesin raak só in ’n stryd om oorlewing betrokke. 

BAFTA-benoemde Keeley Hawes (Line of Duty) speel Jo. Josette Simon (Anatomy of a Scandal), Anneika Rose (Line of Duty) en Lee Ingleby (Harry Potter and the Prisoner of Azkaban) is ook in die rolverdeling .

In hul vierster-resensie het Radio Times die driedelige BBC-minireeks as beide “aangrypend” en “hartverskeurend” beskryf. 

Binge Crossfire vanaf 28 Februarie op Showmax

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies