Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.
MeerDie tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.
MeerDie skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.
MeerAline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.
MeerIn die skaduryke stilte van die George-wildernis, waar mis aan die bome vasklou en die stilte oor ’n reuse-dam jou laat stilhou, is iets buitengewoons gebou. Nie net een brug nie, maar ’n hele wêreld. Ons het met 'Die brug' se produksieontwerper, Reg Hart, oor die skep van dié besonderse wêreld gesels.
MeerDie stewige rolverdeling van kykNET se nuwe Afrikaanse dramareeks sluit akteurs soos Rolanda Marais, Brendan Daniels, Roeline Daneel, Arno Greeff, Lea Vivier en Kristen Raath in – om maar net enkeles uit te sonder...
MeerHoewel hulle nie meer daagliks op ons skerms verskyn nie, bly hierdie voormalige sepie- en TV-sterre deel van die kultuurstof van Suid-Afrikaanse televisie. Ons vertel jou meer van vyf ikoniese Afrikaanse akteurs wat ’n blywende indruk op kykers met hul toneelspel gemaak het, maar sedertdien hul vlerke gesprei en opwindende nuwe avonture buite sepieland onderneem het.
MeerFOTO'S: 'Die nuusmakers' première binnekort op kykNET – hier is jou eerste blik op die dramareeks en sy eersteklas rolverdeling.
Meer'Skemergrond' se Khadija Heeger is ’n aktrise wat al baie lewens geleef het, diep liefgehad het, dapper geveg het en steeds bly groei, op en agter die skerm. Sy het met Tarren-Lee Habelgaarn gesels.
MeerOf hulle nou tough love uitdeel, inmeng in hul kinders se verhoudings, of hul kroos ten alle koste wil beskerm, dié 11 moeders en moederfigure is die hart (en drama) van ons sepies en telenovelas.
MeerAfrikaanse televisie is lank nie meer net slapstick-komedies en voorspelbare gesinsdramas nie. Reekse soos 'Juffrou X' gee harde realiteite weer wat baie Suid-Afrikaners in die gesig staar, terwyl dit nooit vlymskerp stories prysgee nie. Riëtte van der Wat het met vervaardiger Berdene Burger en die skrywer en regisseur Tertius Kapp hieroor gesels.
Meer“Die land se beste Vuur & Vlam-span is . . . Lourens en Johan!” Met die wenners nog in sewende hemel, het Terloops ’n gallery van ons gunsteling foto-oomblikke tydens die tweede uittog van Kokkedoor Vuur & Vlam saamgestel. Kyk saam met ons terug.
MeerDie rolverdeling van die grinterige Afrikaanse dramareeks, 'Juffrou X', nou op Showmax, sluit bekendes soos Trix Vivier, Bianca Flanders, Clayton Evertson en Brendan Daniels in, met die teks wat deur die bekroonde skrywer Tertius Kapp geskryf is.
MeerDie Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.
MeerVan 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.
MeerElke liewe kledingstuk, motor en mat, word deel van die hartklop van ’n reeks soos ‘Niggies’. Die produksie- en -kostuumontwerpers van 'Niggies', Rocco Pool en Mariechen Vosloo, vertel hoe hulle visuele wêrelde vir TV skep.
MeerFOTO'S: Kom saam met ons agter die skerms op die stel van kykNET se meevoerende nuwe dramareeks, 'Niggies'.
MeerVan boere wat liefde soek tot vurige versoeking – Suid-Afrikaanse realiteitsreekse is volop én propvol drama.
MeerSedert haar TV-debuut in die Afrikaanse telenovela 'Arendsvlei' as Saartjie, het Hunter Plaatjies haarself gevestig as ’n aktrise wat haarself wil laat geld; een wat nie bang is vir uitdagings of om swaar, komplekse storielyne aan te pak nie. Sy vertel oor hoe sy egtheid en hart na haar ‘Skemergrond’-karakter se wêreld bring.
MeerAfrikaanse televisiereekse deur die kreatiewe-duo Louis Pretorius en Albert Snyman van Infinity Films is ongeëwenaar en van 28 Februarie af word die reikwydte van hul storiekuns vergroot na ’n internasionale gehoor, wanneer die reeks 'Tuiskoms' op Netflix vrygestel word.
Meer“Ons moet die stigma laat verdwyn en die gevoel van skaamte uitroei. Dis nou die tyd om daaroor te praat. Geen vrou moet ooit alleen ly nie,” sê die aktrise Jawaahier Petersen oor die belangrikheid van haar 'Suidooster'-karakter, Kaashifa, se huidige storielyn waarin sy aan nageboortelike depressie en psigose ly.
MeerOns weet nie wat die toekoms vir 'Diepe Waters' se Zelda en Gys inhou nie – dis maar ’n wispelturige romanse – maar van die liefde ken hulle goed, op en van die skerm af. Ons het met dié twee veteraanakteurs oor hul karakters se liefdesverhaal, intimiteit op stel en hul advies aan jong verliefdes gesels.
MeerTannie Maria is weer aan die kook in ’n tweede seisoen van die gewilde M-Net-reeks 'Recipes for Love and Murder' – hier is ’n blik op wat agter die skerms tydens verfilming op die stel gebeur het.
MeerDie drama, aksie en intrige hou ’n mens vasgenael voor die kassie, maar wat is ’n sepie nou eintlik sonder ’n sappige soen, ’n opwindende liefdesdriehoek of ’n stukkie verbode liefde? Ons kyk na ’n paar van die verhoudings wat tans op sepiekykers se lippe is.
Meer'Binnelanders'-aanhangers is onlangs bederf en verras met die opwindende herontwerpte en opgradeerde stel vir dié sepie se ongevalle-eenheid. Hier is alles wat kykers oor dié transformasie moet weet.
MeerDie Ierse aktrise Maria Doyle Kennedy het reeds met die eerste lees van Karen Jeynes se TV-draaiboek vir 'Recipes for Love and Murder' geweet dat Tannie Maria en kie vir ’n wyle in haar lewe sou wees. Ons het verlede jaar tydens verfilming op die stel van dié reeks met haar gesels.
MeerDie gewilde 'Reënboogrant'-boeke is nou in ’n Afrikaanse telenovela verwerk met blink nuwe sterre soos Minke Marais en Mila de Villiers in die hoofrolle, met die gesoute André Velts as regisseur en 'Magda Louw' se Desiré Gardner as die hoofskrywer.
Meer’n Slapelose nag is ’n gegewe ná ’n episode van die rillerreeks 'Die Byl'. Hier is ons lys van die godsgruwelikste reeksmoordenaars wat vir ons oor die loop van die afgelope vyf seisoene wakker gehou het.
Meer