Menu terloops

C.B. Strike: Lethal White

Op Showmax [Gepubliseer op 7 Feb 2022]


‘C.B. Strike: Lethal White’ volg die ondersoek na die moontlike rituele moord van ’n jong meisie jare gelede.

Kyk nou

C.B. Strike: Lethal White
Kyk lokprent

Hierdie misdaadreeks is gegrond op die vierde boek in Robert Galbraith (Harry Potter-skrywer J.K. Rowling se skuilnaam) se Cormoran Strike-reeks wat draai om dié privaatspeurder, vertolk deur Tom Burke, en sy vennoot, Robin Ellacot, gespeel deur Holliday Grainger, se ondersoeke.

Dié misdade is dikwels sake wat die polisie sukkel om op te los, maar Strike, ’n oorlogsveteraan en oudspeurder aan die polisie se spesiale ondersoeke-afdeling, se talente strek ver en die skynbaar onmoontlike draf hy en Robin in ’n japtraf kaf. 

C.B. Strike: Lethal White volg Strike se ondersoek na die moontlike rituele moord van ’n jong meisie jare gelede, nadat hy deur ’n man met ’n geestessteurnis genader word om die saak te bekyk. 

Terselfdertyd gaan Robin undercover om die afpersing van ’n parlementslid te ondersoek.

Stroom nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies