Menu terloops

Bridgerton S1-2

Op Netflix [Gepubliseer op 25 Mar 2022]


In die tweede seisoen van die vurige trefferreeks ‘Bridgerton’, is dit oudste broer Anthony wat moet kys en kansel toe.

Bridgerton S1-2
Kyk lokprent

Maak jou maar gemaklik – as jy eers begin kyk, gaan jy wil klaar kyk. Bridgerton is nie stroperige nonsens-televisie nie, maar dit het wel dieselfde tipe stickiness wat maak dat “net nog een episode” op ’n deurnag binge-sessie uitloop.

Romanse, skandale, en skinderbekke. Die periodedramareeks Bridgerton het immers al die regte bestanddele vir ’n TV-wenresep.

Die drama is gegrond op die Bridgerton-boeke van Julia Quinn en speel af in die Regency-tydperk (1811-1820). Dit volg die weduwee Lady Bridgerton en haar agt kinders soos hulle deur die lewe met skandale, swak besluite, en met die koningin wat hulle stip dophou, deur die lewe strompel. Of dans. Hang af of daar ’n high society paartie daai aand is.

Reeds met die eerste seisoen het TV-skepper Shonda Rhimes dit reggekry om kykers op te sweep met haar TV-weergawe van dié periode-drama. Dis egter alles behalwe Pride & Prejudice-preuts. Quinn se boeke, en so ook Rhimes se TV-vertelling, is ene seks op die trappe en vurige omhelsings.

Bridgerton het rekordkykertalle in sy debuutmaand op die platform gehad, en intussen moes ons ’n miljoene leeftye vir die tweede seisoen wag.

Soos met die eerste seisoen, is een van die Bridgertoon-kroos nou op pad kansel toe. Dié keer is dit een van die broers wat moet kys. Maar Anthony besef sy voorgenome bruid is toe nie sy perfekte pasmaat nie…eerder haar koppige ouer suster. Hoe nou gemaak?

Die reeks is reeds vir ’n derde en vierde seisoen hernu – daar is immers nog ’n hele lot Bridgertons wat afgetrou moet word.

Onder die rolverdeling tel Jonathan Bailey, Phoebe Dynevor, Claudia Jessie, Luke Newton, Luke Thompson, Florence Hunt, Will Tilston en Ruth Gemmell.

Vanaf 25 Maart op Netflix.

Kyk ook:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers maak haar merk 

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer
Sien alle opsies