Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Aug 2023]

Brendan Peyper soek liefde in derde seisoen van ‘Op my eish!’


Inskrywings vir die derde seisoen van die kykNET-realiteitsreeks ‘Op my eish!’ is nou oop en jy kan tot 31 Augustus inskryf as jy wil probeer om die troebadoer Brendan Peyper se hart te wen.

Brendan Peyper soek liefde in derde seisoen van ‘Op my eish!’
Kyk lokprent

Hy het ’n glimlag wat talle mense se knieë lam maak, spiere wat bult en sy groot hart is dié van ’n boerseun van die Vrystaat. Maar ten spyte van trefferliedjies soos “Stop, wag, bly nog ’n bietjie”, “Trouvrou” en “Jy laat dit maklik lyk”, is die einste groot liefde waaroor hy so sing nog in die sanger Brendan Peyper se lewe. En dís hoekom hy Op my eish! se nuwe bachelor is.

“Ek het ingestem om deel van die program te wees omdat ek baie oopkop oor die lewe is en nie deure wil toemaak wat vir my oopgaan nie,” sê Brendan in ’n persverklaring. “ ’n Mens weet nooit wat die lewe vir jou inhou nie en wat vir jou bestem is nie.”

Die ideale vrou?

“Ek het nie noodwendig ’n prentjie in my gedagtes nie, want soms is dit die persoon waarvan jy dit die minste verwag wat jou die hardste van jou voete afslaan. Al wat ek kan sê, is dat ek van ’n vrou hou wat atleties gebou is en ’n gesonde leefstyl handhaaf,” sê hy.

Hy sien die meeste daarna uit “om die vroue te leer ken en te sien hoe hulle reageer en optree”.

Meer oor Brendan Peyper

Brendan, wat op 7 Augustus sy 27ste verjaardag vier, is in Bloemfontein gebore en het op vyf reeds begin kitaar speel. Sy debuutalbum, Stop, wag, bly nog ’n bietjie, is in 2015 vrygestel en daarna het ’n rits treffers gevolg. “Jy laat dit maklik lyk” en “Stop, wag, bly nog ’n bietjie” se musiekvideo is elk reeds meer as 6,8 miljoen keer op YouTube gekyk. Sy nuwe treffer, “Toer om die vloer”, is in agt maande al 3,4 miljoen keer gekyk.

Op My Eish! Brendan Peyper Foto: RQ Photography - Sascha van der Westhuizen.
Brendan Peyper. Fotos’s: RQ Photography, Sascha van der Westhuizen.

Kinkels wag in derde seisoen

Die derde seisoen van Op my eish! word in September en Oktober vanjaar by van Brendan se gunstelingplekke verfilm. Die uitvoerende vervaardiger, Gideon Eksteen van Wakanda Media, sê kykers kan beslis ’n paar kinkels verwag. Daar is egter nie te veel aan die formaat getorring nie omdat dit so goed werk.

Wat is die grootste les wat die vervaardigers van Op my eish! met vorige seisoene geleer het?

“Hierdie is meer ’n reël as ’n les, maar moenie betrokke raak by die alleenloper se besluite nie,” sê Gideon. “Dit is bewys in die vorige twee seisoene. Die beste manier is om die proses natuurlik te laat vloei.”

Hy sê hulle hoop Brendan gaan liefde vind.

“Hy neem deel met ’n oop kop en ’n groot hart en is reg vir enige gebeurtenis.”

Om uit te vind hoe om in te skryf en wat die reëls en regulasies is, kliek hier.


Stroom die eerste seisoen van Op My Eish! op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies