Menu terloops

Breekpunt S1

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Mar 2025]


In Showmax se Afrikaanse tennisdrama, Breekpunt, span die aktrise Chelsea Thomas weer kragte saam met haar ‘Spinners’– en ‘Arendsvlei’-medester Cantona James.

Kyk 'Breekpunt'

Breekpunt S1
Kyk lokprent

Breekpunt is ’n tennisdrama met die Arendsvlei-, Spinners-, en Wyfie-aktrise Chelsea Thomas wat die hoofrol in dié Afrikaanse reeks vertolk. Chelsea speel ’n eiewyse tiener wat alles moontlik doen om op die internasionale tennisverhoog te kan meeding. Daar is etlike uitdagings wat dreig om haar drome en jare se harde werk onklaar te maak. Kykers volg haar reis soos sy die harde realiteite van die lewe op en van die baan af moet trotseer.

Breekpunt se regie is deur Nicola Hanekom. Die skryfspan, gelei deur Ilse van Hemert (Lioness), sluit die Safta-wenner Quanita Adams (Hier.Na) in.

Ook in die rolverdeling is Spinners se Cantona James, wat ’n voormalige tenniskampioen vertolk. Kyk ook uit vir die Safta-wenner Lorcia Cooper-Kumalo (Red Ink, Lockdown) en Sherman Pharo (Arendsvlei).


Breekpunt is vanaf vandag, 10 Maart 2025, op Showmax beskikbaar. Nuwe episodes word weekliks op Maandae tot en met 28 April vrygestel.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
10

Gesinsvermaak: Kyk dié 10 reekse en flieks saam-saam

Van ‘Finding Optel’ en 'The Wild Robot' tot ‘Fuller House’ en 'Een keer om die son' – daar is heelparty TV-reekse en flieks wat jy oor die lang skoolvakansie as gesin saam kan kyk. 

Meer
3

‘Skemergrond’ in Desember: Hou dié storielyne dop

'Skemergrond' se mense beleef ’n stormagtige Desember met van liefde wat blom tot pynlike herlewings uit die verlede. Hier is die storielyne wat jy vandeesmaand moet dophou.

Meer
Sien alle opsies