Menu terloops
In Gons [12 Jun 2025]

‘Bravo!’ soek na Suid-Afrika se stylikoon 


By elke rooitapyt-, bekendstelling- of glansgeleentheid is daar style wat kom en gaan. Juis daarom soek kykNET se gewilde tydskrifprogram ‘Bravo!’ en Revlon na Suid-Afrika se stylikoon.

‘Bravo!’ soek na Suid-Afrika se stylikoon 

“Styl gaan oor veel meer as net klere,” sê Bravo!-aanbieder Ewan Strydom. “Dis hoe jy praat, beweeg, leef, onthaal en jouself onberispelik uitleef. Dis die hele pakket – die soort vrou wat ander inspireer deur haar outentieke teenwoordigheid.”

Volgens Ewan is die vroue wat as die Bravo! Revlon Stylikoon benoem gaan word nie noodwendig voltyds in die kollig en alombekend nie. Hulle is wel in die openbare oog en besig om hul merk op die wêreld te laat – met styl.

Die keuringsproses is nou in volle swang en kykNET het ’n paneel van gerekende kenners saamgestel om vier finaliste uit verskeie benoemings te kies. 

Die paneel

Die paneel bestaan uit ’n uiteenlopende groep foendies:

  • Jo-Ann Strauss – voormalige Mej. Suid-Afrika en sakevrou
  • Fanie Cronjé – SARIE-stylredakteur en modekenner
  • Lucilla Booyzen – stigter van SA Modeweek
  • Jackie Burger – voormalige Elle-redakteur
  • Heather Goate – bemarkingsredakteur van Revlon
  • Desiree Tan – kykNET se toesigvervaardiger van Bravo!
  • Paul Venter – vervaardiger van Bravo!
BRAVO STYLIKOON
Lucilla Booyzem, Jo-Ann Strauss, Desiree Tan, Fanie Cronjé, Heather Goate en Ewan Strydom. Foto (en hooffoto): Gys Loubser

Die eerste groot stap op hierdie reis het Dinsdag tydens ’n paneelgesprek plaasgevind waar die beoordelaars hul eerste insae gehad het oor wie die potensiaal het om as dié stylikoon gekroon te word. 

“Ons sien uit daarna om die stories van hierdie dinamiese vroue te deel,” sê Ewan. “Elke insetsel wat ons oor die volgende paar maande gaan bring, bied kykers ’n insig in die lewe en styl van die vier finaliste. Van hoe hulle aantrek tot hoe hulle hulself grimeer, en natuurlik hoe hulle hul unieke styl in die wêreld uitdra.”

Reis ook op TV uitgesaai

Die vier finaliste sal in afsonderlike episodes van Bravo!, wat op Donderdae om 21:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitsaai, op die volgende episodes bekendgemaak word: 24 Julie, 21 Augustus, 18 September en 16 Oktober. Die wenner sal tydens ’n glansgeleentheid in Kaapstad op 13 November aangekondig word. 

“Ons droom is dat hierdie projek sal groei tot ’n jaarlikse instelling met meer kategorieë,” sê Ewan. “Dis tyd dat ons vroue wat met styl en dryfkrag leef, behoorlik vier.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 11 stories in Julie misloop

’n Nuwe ‘Matlock’, Magda Louw op haar stukke, aksie-satisfaksie in ‘The Old Guard 2’, en die slotseisoen van die meesleurende reeks ‘The Sandman’ tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Julie 2025

Dolf staan by ’n kruispad, terwyl Bongi se liefdesbootjie sink... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies