Menu terloops
In Recaps & Resensies [17 Okt 2024]

‘Boer soek ’n vrou’ S16: Wie het liefde gevind en wie nie?


In die finale episode van hierdie seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’, is daar verrassings, teleurstellings en tog wel hoop op liefde…

Deur Annelene Oberholzer

Stroom nou

‘Boer soek ’n vrou’ S16: Wie het liefde gevind en wie nie?

“Elke keer as ek 10 nuwe boere ontmoet op hulle reis na liefde, het ek geen idee hoe dit gaan uitdraai nie,” vertel Marciel Hopkins, programaanbieder van kykNET se gewilde maatsoekreeks Boer soek ’n vrou. En die kykers is op dieselfde bladsy . . . 

Boer soek 'n vrou
Die tien boere het weer by Doolhof naby Wellington vergader om uit te vind hoe die soeke na liefde vir elkeen verloop het. Foto: Skermgreep

In die finale episode van hierdie seisoen van die reeks, is daar verrassings, teleurstellings en tog wel hoop op liefde. En die tien boere kom vir oulaas by Doolhof aan die voet van die Limietberg naby Wellington bymekaar om uit te vind hoe die pad op soek na liefde vir elkeen verloop het.

Almal is dit eens dat dit lekker is om mekaar te ontmoet, ook die eerste vyf wat uitgeskakel is. Maar natuurlik is die nuuskierigheid groter as die groep, want wie het alleen opgedaag en wie het met ’n liefie opgedaag?

JW het vir Danelle gebring, Daandré het Marisca saamgenooi, Ria is Quintus se gas en Hendri, wat uit die reeks onttrek het omdat hy deur die liefdespyl getref is nog voordat daar met die verfilming begin is, het vir Jess saamgebring.

Hendri en Jess. Foto: Verskaf

Lulani het vir Bianca gebring, en die laaste gas wat opdaag, is Mikal. Sy is deur Niel genooi.

So tussen die gesels deur glo die meeste van die boere en hul metgeselle dat Quintus en Ria ’n baie spesiale paartjie is en dat hulle hoop op vordering tussen die twee vorentoe.

Boer soek 'n vrou
Quintus en Ria. Foto: Verskaf

Hy is baie tevrede met hoe sy dogtertjie vir Ria ervaar, terwyl Ria op haar beurt wens Quintus kom meer gereeld na haar wêreld toe om haar kant beter te leer ken. En planne word gemaak vir ’n volgende kuier nadat hy die stropery op sy plaas afgehandel het. Maar gaan hy die finale stap neem en vir haar vra om sy meisie te word omdat hy lief is vir haar? Tyd sal leer.

Lulani het vir Bianca nie deur die briewe ontmoet nie, maar by ’n troue “en toe dink sy ek’s ’n juweel”. Maar ná hul ontmoeting het sy wel vir Lulani geskryf. Lulani erken wel sy was teleurgesteld om nie onder die top-5 boere te wees nie. Maar sy is dankbaar dit het nie so uitgewerk nie, want kyk net hoe gelukkig lyk sy en Bianca saam.

Lulani en Bianca. Foto: Verskaf

Hendri en Jess is smoorverlief. En Jess vertel dat sy ook vir Hendri ’n brief geskryf het, en dit was juis die Boer soek ’n vrou-proses wat haar motiveer het om daardie eerste stap te neem. Hendri sê reeds na hul eerste ontmoeting in Stellenbosch het hy net gewéét – en hier sit hulle vandag, byna vier maande later en nog steeds nie ’n enkele oomblik spyt oor daai afspraak nie.

JW en Danelle erken hulle is al die afgelope maand al “amptelik”. En hy sê hy is allesbehalwe spyt oor daardie besluit. ’n Besluit wat Danelle betreklik onkant betrap het, maar sy’s baie gelukkig daarmee. Die twee hoop dat Danelle vroeg in die nuwe jaar nader kan skuif . . .

Boer soek 'n vrou
JW en Danelle erken hulle is al die afgelope maand al “amptelik”. Foto: Verskaf

Sanel vertel sy het geen werklike konneksie gevind met die briewe wat sy ontvang het nie. Maar ook dat haar perspektief en verwagtinge verander het. Sy glo vas sy gaan weer iemand ontmoet wat haar voete onder haar gaan uitslaan.

André het op sy beurt regoor die land gereis en sy lugtyd opgebel – en baie dames ontmoet. Maar nog nie die vonkie gevind waarna hy soek nie. Daar is wel ’n paar afsprake wat in die komende weke op hom wag . . .

Janco erken daar was een brief wat vir hom uitgestaan het en hulle het lekker gekliek. En ja, hulle gesels nog steeds en daar is al ’n paar keer saamgekuier. Maar hy verklap net mooi niks meer as dit nie.

Jacques sê hy het dinge met Nicole ’n kans probeer gee, maar hy kan nie iets forseer as daar niks van sy kant af is nie. En hy is vas oortuig sy gaan gou iemand ontmoet omdat sy ’n soliede en goeie mens is.

Niel sê hy en Mikal is nie haastig oor dinge nie, dis nou net vriendskap. Mikal, alhoewel sy sterker gevoelens vir hom het, het besef sy moet ook net ’n tree moet terugstaan en dat vriendskap vir eers die basis moet wees. Niel glo tyd sal antwoorde bring.

Niel en Mikal Boer soek 'n vrou
Niel en Mikal

’n Korter afstand van mekaar maak dit makliker vir Daandré en Marisca. En die vorige naweek het hy haar tydens ’n bootvaart teen sonsondergang gevra om sy meisie te wees. En daarmee het Marisca sy heel eerste amptelik meisie ooit geword!

Daandré en Marisca. Foto: Verskaf

Totsiens, Marciel

Daandré is die woordvoerder wat namens die groep boere en hul metgeselle vir Marciel bedank. Hy gee erkenning aan die verskil wat sy in baie mense se lewens gemaak het en die groot rol wat sy gespeel het om rustigheid en vrede te bring met alles wat sy aanpak.

Hy oorhandig ’n strandsak aan haar sodat sy op die strand kan sit en aan al die boere in Suid-Afrika kan dink.

Vir Marciel is dit ’n emosionele afskeid. Vir die afgelope vier jaar van haar lewe was sy 41 weke van die huis weg. Daar het 14 huwelike uit die vier seisoene wat sy aangebied het, voortgespruit.

Boer soek ’n vrou het ’n hele nuwe wêreld vir my oopgemaak, die platteland vir my oopgemaak en ek was nog nooit so trots op my land, ons taal, ons kultuur, boere en natuurlik die liefde nie,” kom dit van ’n duidelik-oorstelpte Marciel wat teen die trane veg.

En dan is dit tyd vir vonkelwyn – tot die volgende seisoen met ’n nuwe aanbieder en nuwe boere.


Sedert die reünie-episode in April vanjaar verfilm is, is die huidige verhoudingstatus van die boere, wat as paartjies in die episode verskyn, as volg:

  • JW & Danelle: Steeds gelukkig saam
  • Daandré & Marisca: Steeds gelukkig saam
  • Lulani & Bianca: Steeds gelukkig saam
  • Hendri & Jess: Steeds gelukkig saam
  • Quintus & Ria: Deesdae net vriende
  • Niel & Mikal: Steeds net vriende 

Die top-tien boere vir die 17de seisoen sal op Sondag 29 Oktober 2024 tydens ’n spesiale uitsending om 20:00 op kykNET en DStv Stream aangekondig word. Voornemende pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf. Dit sal in die tweede helfte van 2025 uitsaai. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies