Menu terloops
In Gons [25 Okt 2024]

‘Boer soek ’n Vrou’: Reandi slaggereed met nuwe boere wat liefde soek


Die oes deelnemers vir die volgende seisoen van ‘Boer soek ’n vrou’ se ouderdomme wissel tussen 26 en 56 en sluit onder meer drie Vrystaters in wat na liefde soek. Dié reeks se nuwe aanbieder, Reandi Grey, stel die hubare boere Sondagaand bekend.

‘Boer soek ’n Vrou’: Reandi slaggereed met nuwe boere wat liefde soek

Die aftel na die volgende seisoen van een van Suid-Afrika se gewildste werklikheidsreekse skop Sondag, 27 Oktober om 20:00 af wanneer kykNET die tien boere vir die volgende seisoen van Boer soek ’n vrou bekendstel. 

Vanjaar se oes van deelnemers se ouderdomme wissel tussen 26 en 56, en die boere verteenwoordig ses provinsies met die Vrystaat wat die voortou met drie hubare boere neem. 

Reandi Grey, wat pas as die sewende aanbieder van Boer soek ’n vrou aangekondig is, het reeds met die nuwe boere kennis gemaak en sy is baie opgewonde om hulle bekend te stel. “Elke liewe een van hierdie boere is volronde mense met soveel emosie en soveel liefde,” sê sy. 

“Hierdie gaan ’n onvergeetlike seisoen wees en Suid-Afrikaners gaan aan hulle lippe hang.”

Die reeks sal van Augustus 2025 op kykNET uitgesaai word. Oudergewoonte sal dit fokus op die vyf boere wat die meeste briewe ontvang het. 

Diegene wat vir een van die top-tien boere ’n brief wil skryf moet ouer as 21 wees, en ongetroud, geskei of ’n weduwee/wewenaar wees.

Persone wat die boere beter wil leer ken, kan om 20:00 op kykNET (kanaal 144 op DStv en DStv Stream) inskakel. Die boere se profiele en meer inligting oor die reeks sal ook hier op terloops en die kykNET-webwerf gedeel word.

Voornemende pasmaats sal vir die boere briewe kan skryf, of hul belangstelling op die gewilde Afrikaanse maatsoek-app KOER kan wys. 

2025 se boere  is:

Nicolaas (37), skaap- en saaiboer van Bredasdorp, Wes-Kaap

Boer soek 'n vrou

Rudi H (56), boerbokboer van Windsorton, Noord-Kaap


Lourie (26), beesboer van Vryburg, Noordwes


Rudi (47), toerisme en wildboer van Beestekraal, Noordwes


Evert (38), makadamia-, sitrus- en wildboer van Tshipise, Limpopo


Willie (26), makadamia- en wildboer van Badplaas, Mpumalanga


Reinier (29), saai-, bees- en skaapboer van Frankfort, Vrystaat


Ruan (30), Skaap-, bees- en saaiboer van Tweespruit, Vrystaat


Christof (38), turksvy- en soutboer van Petrusburg, Vrystaat


Pieter (29), skaapboer van Richmond, Noord-Kaap


Lees al ons stories oor Boer soek ’n Vrou.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies