Menu terloops

Black Mirror S1-6

Op Netflix [Gepubliseer op 15 Jun 2023]


Refinery29 beskryf ‘Black Mirror’ as ” ‘The Twilight Zone’ vir moderne, tegnologie-behepte tye, met belangrike benaderings oor politiek en menslike natuur. Elke episode het ’n manier om onder die kyker se vel te kom.”

Black Mirror S1-6
Kyk lokprent

Charlie Brooker se satiriese en donker anthology-reeks, Black Mirror, is terug met ’n sesde seisoen.

Soos met die vorige seisoene speel elke episode van dié sci-fi-reeks – wat dikwels as ’n moderne herverwerking van The Twilight Zone beskryf word – op ’n unieke manier uit. Hoewel elke episode ’n ander storie vertel, is ’n distopiese toekoms en tegnologie as gevaar die default vertrekpunt vir elkeen.

Onder die rolverdeling vir dié seisoen tel Aaron Paul, Anjana Vasan, Annie Murphy, Auden Thornton, Ben Barnes, Danny Ramirez, Himesh Patel, John Hannah, Josh Hartnett, Kate Mara, Michael Cera, Rob Delaney, Rory Culkin en Salma Hayek Pinault in. 


Die eerste vyf seisoene van Black Mirror is reeds op Netflix beskikbaar. Die sesde seisoen is vanaf Donderdag, 15 Junie 2023, op Netflix beskikbaar om te stroom. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies