Menu terloops
In Wat om te kyk [27 Nov 2024]

‘Binnelanders’: Jou kykgids vir Desember 2024


Henry is hande in die hare oor Riekie, terwyl Tertius en Tracy (weer) briek aandraai. Dít en nog meer wag vir ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand. Hier is jou kykgids vir November.

Stroom 'Binnelanders'

‘Binnelanders’: Jou kykgids vir Desember 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Binnelanders kan verwag.

Maandag, 2 Desember 

Bets wil ’n afspraak met Delia maak, Thalia stap by die verkeerde hospitaalsaal in, en Tertius kry goeie nuus. 

Dinsdag, 3 Desember

Een van Hugo se operasies was suksesvol, Nicolette en Max het ’n ongemaklike gesprek, en Nicolette dink Joe probeer haar saboteer. Delia gee vir Bets nuwe hoop.

Woensdag, 4 Desember

Daar is steeds geen waarborg dat Riekie van vervolging kwytgeskeld sal word nie. Delia konfronteer Bets oor hoe sy en Bertus besigheid doen. Joe kry nuwe insigte oor sy pa se dade in die verlede.

Donderdag, 5 Desember

Ella blameer haarself as ’n pasiënt onverwags sterf. Bets hoor ’n gesprek wat nie vir haar ore bedoel is nie. Joe vertel vir sy suster van sy besoek aan hul pa se minnares.

Vrydag, 6 Desember

Henry is verstom wanneer Riekie van iets verdink word. Ongevalle word ’n miernes wanneer die teaters amper oorstroom. Delia het goeie nuus, maar met ’n voorwaarde.

Maandag, 9 Desember

Louis vermoed Bets is besig om hom in te doen, Ella gee vir LJ goeie raad. Nicolette en Joe begrawe die strydbyl.

Dinsdag, 10 Desember

Louis vermoed Naomi gaan nie van sy geskenk hou nie. Henry en Delia stamp weer koppe oor Riekie, en Nina kom kuier. Delia kom agter Annetjie voel bedruk.

Woensdag, 11 Desember

Esra is terug en plaas druk op Tracy, maar Tertius is onwrikbaar. Henry probeer Riekie tot ander insigte bring. LJ het ’n voorstel vir Louis.

Donderdag, 12 Desember

Tracy probeer Esra help, maar dinge werk nie uit nie. Thalia is nie beïndruk dat LJ se nuwe werk inmeng met hul tyd saam nie, en Naomi betrek Annetjie by ’n Kersprojek.

Vrydag, 13 Desember

Henry en Riekie maak ’n deurbraak. Annetjie stel Kersvader aan, en dit raak duidelik dat Tracy eintlik ’n groot troue wil hê.

Maandag, 16 Desember

Esra wil dringend iets in die creche kry. Naomi dink Louis tree vreemd op. Henry nooi Ella vir drankies by sy nuwe woonplek.

Dinsdag, 17 Desember

Tertius en Tracy draai briek aan. Naomi ontvang vreemde boodskappe. Nina raak agterdogtig oor Kersvader.

Woensdag, 18 Desember

Esra raak al meer desperaat in sy soektog na iets by Tracy-hulle se woonstel. Annetjie en Nina vind die nuwe Kervader se optrede al meer vreemd, en Conrad en Delia neem ’n groot besluit.

Donderdag, 19 Desember

At en Delia stamp koppe. Nina betrap vir Esra, en Annetjie kry ’n verrassing wanneer sy vir Kersvader bel. Naomi is teleurgesteld oor die planne vir Kersdag.

Vrydag, 20 Desember

Esra moet noodgedwonge die waarheid vertel. Nicolette en Joe kry terugvoer oor hul onderhoud om te spesialiseer. Delia voorsien probleme met baie ego’s onder een dak tydens die feestyd.

Maandag, 23 Desember

Tracy besluit sy wil vir Esra beskerm. Naomi geniet haar verrassings terdeë, en die Koster-huis raak al voller.

Dinsdag, 24 Desember

Thalia is bekommerd oor LJ se geskenk, en Ella hou ’n dapper front voor, maar is tog eensaam. Delia is oorweldig met die planne vir Oukersaand. Tracy neem ’n besluit.

Woensdag, 25 Desember

Dis Kersfees, en Annetjie maak ’n ongewone konneksie met iemand op Kersdag.

Donderdag, 26 Desember

Annetjie voel seergemaak oor Elise se stilswye. Esra hoor Jonas is aangeval en in ’n kritieke toestand. Cecile en Bonnie gaan ’n weddenskap aan.

Vrydag, 27 Desember

Cecile en Bonnie se Nuwejaarsplanne neem ’n onverwagse wending. Esra probeer Annetjie waarsku dat haar lewe moontlik in gevaar is, maar sy moed begewe hom.

Maandag, 30 Desember

Esra is in ’n toestand as Annetjie beseer word. Rian en Ella werk goed saam, en Uys sukkel om Elise in die hande te kry.

Dinsdag, 31 Desember

Esra ontvang skokkende nuus. Uys vermoed Elise is vermis en raak bekommerd. 2024 eindig stil maar goed vir Tracy en Tertius.


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-12 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies