Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.
Maandag, 2 Junie
Joe oorreed vir Nicolette om die vrede met Uys te herstel. Ella en Henry het probleme, maar Ella wil dit nie erken nie. Delia word tot breekpunt gedryf wat die kuberkrakers se eise betref.
Dinsdag, 3 Junie
Delia erken aan Conrad dit voel asof hy haar verraai het. Henry vra Ella om by hom in te trek. Cecile vind uit wat sy onwetend veroorsaak het. LJ het groot nuus.
Woensdag, 4 Junie
Jess vertel vir Thalia wat sy oor LJ uitgevind het. Delia voel sy gaan knak onder die kuberkraak-aanval, en Amor maak Cecile se lewe ondraaglik.
Donderdag, 5 Junie
Thalia is die laaste persoon om onverwagte nuus te ontvang. Binneland se krisis-situasie eskaleer, en Ella voel verlore weens ’n groot verandering in haar lewe.
Vrydag, 6 Junie
Tiaan probeer uitvind wie vir Cecile help ontsnap het. Thalia se gebroke hart skep probleme by die werk. Ella sukkel om aan haar nuwe lewe gewoond te raak.
Maandag, 9 Junie
Delia neem ’n moeilike besluit, Tiaan raak nuuskierig oor Amor se doen en late, en Naomi vra vir Thalia om by Le Roux, ’n Binneland-pasiënt, in te loer. Die kuberkraker word onthul.
Dinsdag, 10 Junie
At is onrustig wanneer Binneland se kuberkraker-probleme skielik eindig. Naomi draai Thalia se arm om weer by Le Roux in te loer, en Louis besef hoekom Wynand so gereeld by Tonik uithang.

Woensdag, 11 Junie
Mercia en Francie is aan die konkel. Le Roux maak ’n onthulling aan Naomi, en Henry en Ella se verhouding wil maar net nie vlot verloop nie. Conrad vertrou nie vir Amor nie.
Donderdag, 12 Junie
Thalia toon meer empatie teenoor Le Roux. Ella en Henry se verhouding wankel al hoe meer, en Rian ruik ’n rot wanneer hy nóg ’n faktuur van die IT-kundiges onder oë kry.
Vrydag, 13 Junie
Rian vang iemand uit, maar hy weet nie wat om met die inligting te doen nie. Ella en Henry besef hulle moet ’n besluit oor die verhouding neem. Uys moedig Wynand aan om vir Thalia uit te vra.
Maandag, 16 Junie
Amor is vasberade om haar lojaliteit teenoor Binneland te bewys, en een van Hugo se pasiënte neem ’n groot besluit oor ’n eksperimentele behandeling.
Dinsdag, 17 Junie
Le Roux oorreed vir Thalia om met Wynand uit te gaan. Mercia is bekommerd oor Francie se gemoed, en Rian stel Danie aan as sekuriteitskonsultant vir ’n groot operasie.
Woensdag, 18 Junie
Tracy trek Thalia se siel uit oor die manne in haar lewe, en Nicolette se oggend skop nie goed af nie. Bronwyn neem ’n standpunt in en hou daarby.
Donderdag, 19 Junie
Amor maak baie seker sy is ’n aanwins vir Conrad en Binneland, en Nicolette pleit by Bronwyn om die waarheid met Steve te deel. Intussen por Uys Nicolette aan om vir Michael ’n kans te gee.
Vrydag, 20 Junie
Amor vis by Annetjie oor Rian, Mercia deel liefdesraad met Thalia, en Louis en Le Roux het ’n onderonsie. Nicolette en Danie het ’n noue ontkoming.
Maandag, 23 Junie
Rian is rasend wanneer hy nie ’n slimstokkie kan opspoor nie. Danie se ware identiteit vang Mercia onkant, en Thalia vang iets onbesonne aan – met gevolge.
Dinsdag, 24 Junie
Thalia kom uiteindelik tot ’n groot besef oor haar lewenspad. Hugo se pasiënt herstel goed ná die operasie, en Nicolette is nuuskierig oor Francie se verhouding met haar seun.
Woensdag, 25 Junie
Michael maak dit duidelik dat hy Nicolette wil sien, en Bronwyn moedig haar aan. Amor vra Rian se hulp met Annetjie, en Wynand het ’n fratsongeluk.
Donderdag, 26 Junie
Mercia en Francie was tot laat die vorige aand uit, Amor is dankbaar vir Rian se hulp, en Thalia sluit finaal ’n hoofstuk van haar lewe af.
Vrydag, 27 Junie
Rian en Amor begin mekaar se geselskap al meer geniet. Mercia en Francie is op soek na ’n wegsteekplek vir hulle geld, en Ivanka daag by Binneland op.
Maandag, 30 Junie
Uys en Joe trek Tertius se siel uit, en Ivanka ontvang slegte nuus. Amor is onseker oor haar gevoelens vir Rian, en Nicolette het ’n teorie oor wat met die slimstokkie gebeur het.
Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.
Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30.
Seisoene 8-13 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.