Menu terloops

Bewonder en bewaar met Bonné de Bod S1

Op DStv [Gepubliseer op 17 Jul 2022]


Die gedugte TV-span, TV-aanbieder en vervaardiger Bonné de Bod en regisseur Susan Scott, is terug met ’n nuwe natuurprogram: Bewonder & Bewaar met Bonné de Bod.

Kyk nou

Bewonder en bewaar met Bonné de Bod S1
Kyk lokprent

Vir Bewonder en Bewaar het Scott en De Bod natuurlewe-navorsers in die vooraanstaande wildernisgebiede van Suid-Afrika, Namibië en Argentinië op kamera vasgelê.

In dié nuwe reeks leer kykers oor die wilde diere en die ongerepte wildernisse waaraan natuurlewe-navorsers hul lewens wei.

Die bekroonde duo is veral bekend vir die dokumentêre films STROOP – Journey Into the Rhino Horn War en Kingdoms of Fire, Ice & Fairy Tales. Beide is nou op Showmax beskikbaar. Albei films is reeds by meer as 50 filmfeeste wêreldwyd vertoon en het al verskeie plaaslike en internasionale toekennings ontvang.

Op haar reise na die afgeleë uithoeke van die wêreld ervaar Bonné eerstehands hoe sekere van die planeet se mees toegewyde navorsers die geheimenisse van Moeder Natuur ontsluit. Sy kom ook agter hoe hierdie mense nie net met klein en groot gediertes werk nie. Hulle streef terselfdertyd hul drome met ’n daaglikse bestaan in die natuur na.

Kyk Bewonder en Bewaar met Bonné de Bod vanaf Sondag, 17 Julie, om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Ook op DStv Online en Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies