Menu terloops

Better Call Saul S6

Op DStv [Gepubliseer op 5 Sep 2022]


Die sesde, en laaste, seisoen van die bekroonde Breaking Bad–spin-off, ‘Better Call Saul’, se punt van 99% op Rotten Tomatoes is beduidend van wat uit die staanspoor duidelik was: Dié vertelling is haas onverbeterlik.

Kyk nou

Better Call Saul S6
Kyk lokprent

As die swendelaar Jimmy McGill, óftewel sy alterego, die prokureur Saul Goodman, het Bob Odenkirk in beide Breaking Bad en Better Call Saul meesterlike vertolkings gelewer. Dit wil gedoen wees om sy Saul van ’n sekondêre karakter (in Breaking Bad) na ’n hoofkarakter (in Better Call Saul) te neem. Dit verg ’n diepe begrip van ’n karakter se wese, se menswees, om ’n vertolking as’t ware ongedaan te maak, van voor af te begin, en dan sal selfs iets beter te skep. Waar Jimmy se alterego reeds as Saul gevestig was toe ons hom in Breaking Bad ontmoet het, is Better Call Saul die verhaal van hoe hy in dié prokureur wat misdadigers loskry verander het. 

Met die aanvang van die sesde seisoen, tel ons op waar die vyfde aflewering afgesluit het. Die eerste nege episodes speel in 2004 af – vier jaar voordat Jimmy McGill/Saul Goodman uiteindelik vir Walter White (Bryan Cranston) en Jesse Pinkman (Aaron Paul) in die eerste seisoen van Breaking Bad sou ontmoet. Dis dan hier waar die tydlyne van die twee reekse mekaar ontmoet en kruis. Die laaste lot episodes van die reeks speel in 2010 af. Dís weer ná die gebeure van Breaking Bad, met Saul wat weer ’n nuwe identiteit aangeneem het en as Gene Takavic van die gereg wegkruip.

Ook in die rolverdeling is onder andere Rhea Seehorn, Tony Dalton, Giancarlo Esposito en Jonathan Banks.

Vanaf 5 September om 22:00 op Me (DStv-kanaal 115), DStv Online en Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies