Menu terloops
In Lysie-lysie [27 Jun 2023]

Bennie van ‘Suidooster’ se 8 beste bekkighede


‘Never fear when Bennie’s near!’ ‘Suidooster’ se Bennie (Richard September) het van die heerlikste sêgoed oor al die sepies heen. Hier is ons gunstelinge.

Kyk nou

Bennie van ‘Suidooster’ se 8 beste bekkighede

Suidooster-kykers lag al te lekker vir die bekkighede van Bennie, wat nommerpas deur Richard September vertolk word. Richard is ook sedert 2022 agter die skerms by Suidooster betrokke, waar hy as een van die sepie se regisseurs woeker. 

Jy weet al as Bennie iets kwytraak, dit jou lagspiere gaan kielie. Of jy gaan jou oë rol, want dié geliefde karakter voel vere vir wat uit sy mond kom.

Bennie Suidooster
Ester von Waltsleben as Elana, en Richard September as Bennie in Suidooster. Foto: Verskaf

Hier is van ons gunsteling Bennie-sêgoed:

1

“Gonnapiet!”

2

Later alligators.” 

3

“Never fear when Bennie’s near. Die kroeks hol weg as hulle my sien.” 

4

“Soos ‘n Woodpecker. Kap aan.” (As iemand vir Bennie vra hoe dit gaan.)

5

“My ma sê insurance is vir ryk mense.” 

6

“My ma sê altyd as iemand jou groet, dan groet jy terug en sê wie jy is…” 

7

“My ma sê altyd as iemand ongeskik is, kan hulle steel ook.” 

8

“My ma sê altyd ek is ook bietjie otherwise.” 


Kyk Suidooster op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn) en op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies