Menu terloops

Beckham

Op Netflix [Gepubliseer op 11 Okt 2023]


In Netflix se ‘Beckham’ span die Oscar-wenners Fisher Stevens en John Battsek kragte saam om dié sokkerspeler se verhaal te vertel.

Beckham
Kyk lokprent

David Beckham is sekerlik een van die bekendste sportsterre ter wêreld én van alle tye. In Netflix se Beckham, ’n vierdelige dokkiereeks, span die Oscar-wenners Fisher Stevens en John Battsek kragte saam om dan dié sokkerspeler se verhaal te vertel.

Stevens, bekend vir The Cove, en Battsek, bekend vir onder meer Searching for Sugar Man, is hier ongeëwenaarde toegang tot Beckham, sy vrou, Victoria, familie, vriende en spanmaats gegee.

Dis die samekoms van al dié stemme wat van dié storie ’n intieme vertelling maak; ’n gedetailleerde portret van dié speler en mens.

Dit plaas sy opgang vanaf nederige, werkersklas-wortels na ’n wêreldwye sokkerfenomeen en ikoon ook in konteks van moderne celeb-kultuur wat veral fel op sokkerspelers in Engeland val. 

Dié storie is ’n dikwels verrassende tuimeltreinrit.


Beskikbaar op Netflix

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies