Menu terloops

Barry S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 24 Apr 2023]


In ‘Barry’ vertolk Bill Hader die rol van ’n huurmoordenaar wat heel toevallig sy passie vir toneelspel in uiters ongewone omstandighede ontdek.

Kyk nou

Barry S1-4
Kyk lokprent

Barry se vierde seisoen keer na Showmax terug met ’n punt van 99% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Variety bestempel dit as “’n meesterstuk… Snaakser en skerper as ooit” en meen die hoofkarakter is een van die boeiendste protagoniste tans op TV.

Met die komedie-genie Bill Hader in die skoene van Barry, ’n huurmoordenaar wat ’n onverwagte en onwaarskynlike liefde vir toneelspel ontdek, is dit maklik om saam te stem.

Die reeks is ’n mengelmoes van alles wat ons mens maak. Ook ons onvervulde lewensdrome. Soos as Barry sy ware passie in die ontdek, maar sukkel om die bloed van sy hande te was en sy ou lewe agterweë te laat. Die eerste twee seisoene het ses Emmy-toekennings ontvang, waaronder vir beste akteur in ’n komediereeks vir Hader.  

Kyk al vier seisoene nou op Showmax

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies