Menu terloops

B Positive S1

Op Showmax [Gepubliseer op 7 Feb 2022]


‘B Positive,’ deur die suksesvolle sitkom-skepper Chuck Lorre, het ’n punt van 85% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Kyk nou

B Positive S1
Kyk lokprent

B Positive draai om Drew (Thomas Middleditch van die slim Silicon Valley), ’n terapeut en geskeide pa, wat dringend ’n nierskenker benodig. Dan, heel tydig, duik ’n vrou uit sy verlede skielik op (Annaleigh Ashford), en sy bied aan om haar nier aan hom te skenk.

Dit verander natuurlik albei se lewens handomkeer en ’n onwaarskynlike vriendskap ontluik.

B Positive is vir twee 2021 Emmy’s benoem en het ’n punt van 85% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Veral Ashford is vir haar spel uitgesonder met Variety se Caroline Framke wat skryf: “In Ashford se hande kry selfs Gina se eenvoudigste lyne ’n slim aflewering, en sy laat net genoeg opregte kwesbaarheid deursyfer om só, by verre, die storie se bekoorlikste karakter te word.” 

B Positive is uit die stal van Chuck Lorre – een van die bekendste en suksesvolste sitkom-skeppers, insluitend Mom, The Big Bang Theory en Two and a Half Men.

Binge vanaf 1 Februarie 2022.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies