Menu terloops

B Positive S1

Op Showmax [Gepubliseer op 7 Feb 2022]


‘B Positive,’ deur die suksesvolle sitkom-skepper Chuck Lorre, het ’n punt van 85% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Kyk nou

B Positive S1
Kyk lokprent

B Positive draai om Drew (Thomas Middleditch van die slim Silicon Valley), ’n terapeut en geskeide pa, wat dringend ’n nierskenker benodig. Dan, heel tydig, duik ’n vrou uit sy verlede skielik op (Annaleigh Ashford), en sy bied aan om haar nier aan hom te skenk.

Dit verander natuurlik albei se lewens handomkeer en ’n onwaarskynlike vriendskap ontluik.

B Positive is vir twee 2021 Emmy’s benoem en het ’n punt van 85% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Veral Ashford is vir haar spel uitgesonder met Variety se Caroline Framke wat skryf: “In Ashford se hande kry selfs Gina se eenvoudigste lyne ’n slim aflewering, en sy laat net genoeg opregte kwesbaarheid deursyfer om só, by verre, die storie se bekoorlikste karakter te word.” 

B Positive is uit die stal van Chuck Lorre – een van die bekendste en suksesvolste sitkom-skeppers, insluitend Mom, The Big Bang Theory en Two and a Half Men.

Binge vanaf 1 Februarie 2022.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies