Menu terloops

Avenue 5 S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 26 Sep 2023]


Dit raak nou warm op agt weke lange reis wat tot drie jaar gerek het. Hulle beweeg al hoe nader aan die son . . .

Stroom aanlyn

Avenue 5 S1-2
Kyk lokprent

Avenue 5 draai om die beleërde bemanning, en bedorwe toeriste aan boord ’n  ruimtevaartskip wat van koers gegooi word. Só word wat ’n agt weke lange reis om Saturnus moes wees in ’n drie jaar lange tog terug na die aarde. 

Die reeks is geskep deur die Oscar-benoemde en Emmy-wenner Armando Iannucci (Veep). Die bekroonde akteur Hugh Laurie (House en Veep) is voor in die koor as Clark en speel teenoor akteurs soos Josh Gad en Zach Woods (The Office). 

Met die aanvang van die tweede seisoen, is Avenue 5 op koers om té up close and personal met die son te raak… Intussen weet die passasiers steeds nie van hul aangepaste ETA nie. 

Die tweede seisoen het ’n punt van 89% op Rotten Tomatoes met Decider wat die komedie se “maniese belaglikheid”, asook die “stroom grappies wat teen ongeveer die spoed van lig geslinger word” prys. 


Kyk Avenue 5 se tweede seisoen vanaf 25 September 2023 op Showmax. Die eerste seisoen is ook reeds op Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies