Menu terloops
In Sepies [28 Mei 2024]

Jou ‘Arendsvlei’-gids vir Junie 2024


Daar’s ’n bloedbad in die Vlei, maar liefde seëvier! ‘Arendsvlei’-kykers kan na dít en nog meer in Junie uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Stroom 'Arendsvlei'

Jou ‘Arendsvlei’-gids vir Junie 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Arendsvlei kan verwag.

Maandag, 3 Junie 

Lionel bevraagteken Lee-Roy se besluit om met Devon uit te maak. Abigail sien ’n visie van Adam waarin hy gelukkig lyk. Rachel en Bompie betrek vir Abigail in hul bose plan. 

Dinsdag, 4 Junie

Desmond se geduld met Rachel raak min. Die Fosters is trots op Lee-Roy se besluit om ’n pa te wees. Hein verras Yvette met groot toekomsplanne. Sasha stem in om meer tyd met Emile te spandeer.

Woensdag, 5 Junie

Emile en Sasha reflekteer op wat tussen hulle gebeur het. Anna voel sy het ’n kans om deel van ’n gesin te wees. Bompie gee vir Rachel die geweer waarmee Ayesha geskiet is.

Donderdag, 6 Junie

Bompie en Rachel verfyn hulle bose plan. Sasha is gefrustreerd met Emile. Beatrice kry ’n onaangename verassing. Lionel praat per ongeluk sy mond verby. 

Maandag, 10 Junie 

Langes keer terug na Arendsvlei en probeer dinge regmaak. Abigal kry ’n groot skok in die Cupido-huis. Lee-Roy verklaar uit frustrasie die baba-nuus aan die personeel.

Dinsdag, 11 Junie

Desmond is woedend oor hoe dinge vir Rachel uitgedraai het. Langes is vasberade dat die Galants moet betaal vir wat hulle aan die gemeenskap gedoen het. Janice en Lionel rig ’n versoek aan Lee-Roy.

Woensdag, 12 Junie

Audrey haat dit om in die donker gehou te word. Lee-Roy weeg sy opsies op nadat Janice met hom praat. Bompie gee vir Rachel ’n ultimatum.

Donderdag, 13 Junie

Lionel deel onverwagse nuus met Lee-Roy. Hein trek uit die Cupido-huis. Bompie het ’n plan om Beatrice en die skool vir eens en altyd te eindig.

Maandag, 17 Junie

Sasha is verras oor Emile se skielike optrede. Lee-Roy maak oop teenoor Sasha rakende Anna. Rachel sien rooi en Bompie is in die spervuur. 

Dinsdag, 18 Junie 

Lee-Roy ontvang goeie nuus oor die baba. Langes maak groot vordering met sy planne. Daar is ’n bloedbad in die Vlei. 

Woensdag, 19 Junie 

Brommer sukkel om vir Bompie in die hande te kry. Kyle maak vordering met sy saak teen die Galant’s. Anna wil eers die baba ontmoet voordat sy ’n finale besluit maak.

Donderdag, 20 Junie

Audrey maak planne om vir Canaan te doop. Beatrice ontvang skokkende nuus. Lee-Roy en Anna neem ’n besluit oor hul baba se aanneming.

Maandag, 24 Junie 

Lionel en Janice verwelkom ’n nuwe lid in hul huis. Beatrice en Abigail probeer sin maak van die nuutste gebeure. Daar is ’n nuwe bendeleier in Arendsvlei.

Dinsdag, 25 Junie 

Kraai probeer dwelms op die skoolgronde verkoop. Lionel en Lee-Roy is geskok deur Anna se nuus. Thys deel aangename nuus met Beatrice.  

Woensdag, 26 Junie 

Kraai het ’n moeilike besluit om te maak. Lionel en Janice deel hulle toekomsplanne met Lee-Roy. Beatrice ontvang ’n groot verrassing.

Donderdag, 27 Junie 

’n Onverwagse gas daag op vir Beatrice se groot dag. Lee-Roy en Devon vind hulself in ’n penarie met Nella. Die liefde seëvier in die Vlei!


Arendsvlei is elke Maandag tot Donderdag op kykNET & kie (DStv-kanaal 145, ook op DStv Stream) om 19:30 te sien. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies