Menu terloops

And Just Like That S1-2

Op DStv en Showmax [Gepubliseer op 17 Jul 2023]


‘And Just Like That’, die vervolgreeks van die kultusreeks ‘Sex and the City’, se tweede seisoen is nou op DStv.

And Just Like That S1-2
Kyk lokprent

And Just Like That is die nuwe hoofstuk van die baanbrekende HBO-reeks Sex and the City deur die uitvoerende vervaardiger Michael Patrick King. Die tweede seisoen het pas op DStv begin. Die eerste seisoen is reeds op Showmax beskikbaar om te stroom.

Die reeks volg weer Carrie (Sarah Jessica Parker), Miranda (Cynthia Nixon) en Charlotte (Kristin Davis) se lewe in die Groot Appel. Die keer is hul egter effe ouer… Hulle is wel steeds besig om die ingewikkelde realiteite van die lewe, liefde en vriendskap te hanteer. Dit blyk dinge is nié duideliker, makliker of eenvoudiger nou dat hulle in hul vyftigs is nie!

Daar was heelwat omstredenheid oor een van die oorspronklike karakters, Samantha (Kim Cattrall) wat nie vir die spin-off teruggekeer het nie. Sy is egter te sien in die nuwe seisoen – helaas in die heel laaste episode vir in ’n blitsvinnige toneel.

Ook in die rolverdeling van And Just Like That is Sara Ramírez, Sarita Choudhury en Nicole Ari Parker.


Weeklikse episodes van die tweede seisoen vanaf Maandag, 17 Julie 2023, om 21:00 op M-Net (DStv-kanaal 101 en aanlyn). Die eerste seisoen is op Showmax beskikbaar om te binge.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies