Menu terloops

American Gigolo S1

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Feb 2023]


Jon Bernthal se magnetiese vertolking as Julian Kaye maak die TV-weergawe van ‘American Gigolo’ die kyk werd. Stroom dit op Showmax.

Kyk nou

American Gigolo S1
Kyk lokprent

American Gigolo is gegrond op die ikoniese gelyknamige 1980-film deur die Oscar-benoemde Paul Schrader.

Die storie draai om Julian Kaye – die American gigolo van die titel. Julian is destyds tronk toe gestuur vir ’n moord wat hy nie gepleeg het nie. Sowat 15 jaar laat word hy dan vrygespreek. Die storie volg sy pogings om die stukke van sy lewe op te tel terwyl die speurder wat hom agter tralies gesit het, werk om die raaisel wat tot sy aanhouding gelei het, te ontsyfer.

Die hoofrol word deur Jon Bernthal van We Own This City vertolk.

Vanaf 6 Februarie op Showmax beskikbaar om te stroom.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies