Menu terloops

American Auto S1

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Okt 2023]


Die komediereeks ‘American Auto’ het volpunte op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Dit is nou op Showmax.

Stroom aanlyn

American Auto S1
Kyk lokprent

Die komediereeks American Auto, geskep deur Superstore (ook op Showmax) en The Office se Justin Spitzer, speel af in die kantore van Payne Motors, ’n sukkelende motorhandelaar in Detroit.

Hier verkeer die corporate execs by ’n kruispad:  of hulle verander met die tye of hulle sluit hul deure.

Gelukkig is daar ’n nuwe grootbaas wat hulle uit die penarie kan help… Behalwe dat sy absoluut niks, maar niks oor karre weet nie. 

American Auto het ’n punt van 100% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes, met Globe and Mail wat dit beskryf as ’n “dolle satire oor corporate life . . . Waar bestuurders daagliks wys dat hulle niks weet nie . . .”

Die rolverdeling sluit die skreeusnaakse Ana Gasteyer (Saturday Night Live), Jon Barinholtz (Superstore se Marcus) en Harriet Dyer (Colin From Accounts) in. 


Beskikbaar op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies