Menu terloops

Am I Being Unreasonable? S1

Op Ander [Gepubliseer op 6 Jul 2023]


‘The Telegraph’ gee dié komedieriller vyf sterre en skryf: “Am I Being Unreasonable? is miskien die mees eiesoortige reeks wat jy die hele jaar gaan sien, so gordel jouself vas en geniet die wilde rit.” 

Am I Being Unreasonable? S1
Kyk lokprent

Die reeks draai veral om temas van obsessiewe vriendskap en paranoia tussen twee vroue, en wys – met vlymskerp humor – hoe vinnig ’n lewe kan verander. Of selfs ontrafel. 

Am I Being Unreasonable? is geskep en geskryf deur die real-life besties Selin Hizli (Appropriate Adult en Grantchester) en Daisy May Cooper (BAFTA-wenner vir This Country).

Cooper vertolk die rol van Nic, ’n voorstedelike ma wat in ’n groef vasgevang is. Sy is keelvol vir die oppervlakkige gesprekke met haar skoonmaker, Viv, en voel vasgekeer in haar huwelik (en slegte seks) met haar man, Don. Sy is lief vir haar seun, Ollie, maar, helaas, sy soek meer uit die lewe.

Toe raak haar kat boonop weg. Dan daag ’n sielsgenoot op in Jen (Hizli). Maar Jen laat ook Nic se donkerste geheime na die oppervlak dobber…

The Telegraph gee dié komedieriller vyf sterre en skryf: “Am I Being Unreasonable? is miskien die mees eiesoortige reeks wat jy die hele jaar gaan sien, so gordel jouself vas en geniet die wilde rit.” 

The Guardian beskryf Daisy May Cooper as “absurd briljant” en Independent sê beide se uitbeelding van hul karakters is foutloos.

Am I Being Unreasonable? bestaan uit ses aflewerings en is eksklusief op BritBox beskikbaar.


Vanaf Donderdag 6 Julie 2023 op BritBox beskikbaar om te stroom. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies