Menu terloops
In Onderhoude [23 Jun 2022]

Albert Pretorius oor ‘Pulse’: ‘Gruwel gaan oor menslike stories’


Die bekroonde akteur Albert Pretorius vertolk ene Denny in ‘Pulse’, Showmax se nuutste oorspronklike reeks, wat draai om ’n groep videospeletjieskeppers wat deur elektromagnetiese strale getref, en binne hul eie game in ’n stryd tussen lewe en dood vasgevang word.

Deur Sam Wright

Kyk nou

Albert Pretorius oor ‘Pulse’: ‘Gruwel gaan oor menslike stories’
Kyk lokprent

Sam Wright het met Albert Pretorius, die veelbekroonde akteur van Nêrens, Noord Kaap en Johnny Is Nie Dood Nie-ster, gesels om meer uit te vind oor sy rol in die Showmax Original-gruwelreeks, Pulse.

Pulse, vanaf 23 Junie op Showmax, se regie is deur die veelbekroonde Sallas de Jager (Dominee Tienie). Die Emmy-wenner Steve Lanning, is die reeks se vervaardiger. Die draaiboek is deur Stephen Clarke behartig. 

Wat het jou tot die rol van Denny in Pulse gelok?

Ek het al voorheen saam met die regisseur gewerk (De Jager) en ek kom baie goed met hom oor die weg. Dit was so ’n plesier (om) op stel te wees. Hy gee jou baie vryheid en ruimte. Dit is altyd ’n prettige omgewing.

Toe ek die draaiboek gelees het, was my gunstelingkarakter die einste karakter wat ek vertolk, Denny. Ek was baie lief vir hom, maar die program is vol mal karakters.

Ek het boonop nog nooit iets op hierdie skaal gedoen nie. Die stelle was enorm en die storie self is groot. 

Hoe sal jy jou karakter beskryf?

Ek is mal oor hoe hy is. Hy werk met die vervaardiging van klankeffekte (vir die videospeletjies). So as daar ’n zombie is, sal hy selderystokkies neem en dit kraak en dan is dit die kraak-klankeffek in die speletjie. Dit het my baie herinner aan toe ek baie radio in dramaskool gedoen het, en ons het ons eie klein klanke geskep.

Denny is ’n sweetheart. Al wat hy wil hê, is ’n bietjie erkenning, want ek dink klank-ouens kry nie altyd die krediet wat hulle verdien nie.

Speel jy videospeletjies?

Ek het drie jaar gelede begin speel. My destydse girlfriend het Pretoria toe getrek en ons was in ’n langafstand-verhouding, so ek het vir my ’n PlayStation 4 gekoop. Just to kill time! Nie as ’n plaasvervanger vir die meisie nie!

Ek speel ’n bietjie, maar ek is so ver agter en het ’n back catalogue van al die speletjies wat ek wil speel. Ek geniet open world-speletjies. Die eerste een wat ek gespeel het, was Horizon Zero Dawn en ek was mal daaroor, so ek is baie opgewonde vir Forbidden West.

Ek is ’n groot aanhanger van The Last of Us-franchise en ek dink die laaste game was uitstekend.

Hoekom dink jy sien ons soveel storielyne en -vertellings in televisie en flieks waar videospeletjies die hooffokus is, soos met Pulse?

Want daar is so ’n groot aanhangersbasis. Daar is The Witcher en nou maak hulle ook The Last of Us. Ek dink dit is ’n lekker manier om baie menslike eienskappe uit te beeld. Dis baie soortgelyk aan wat in die gruwel-genre nou gebeur.

Die gruwel-genre gaan deesdae nie net oor bangmaak nie; dit gaan oor menslike stories. As jy byvoorbeeld kyk na Hereditary (die 2018-gruwelfliek met Toni Collette in die hoofrol, beskikbaar op Showmax), is dit eintlik ’n fliek oor verlies. Dit is nie oor die duiwel nie. As jy na The Witch (ook op Showmax) kyk, gaan dit daaroor om jou mense te vind, niks anders nie.

Ek dink al hierdie dinge word gebruik as metodes om stories op ’n meer interessante manier te vertel.

Wat was vir jou die hoogtepunt van Pulse?

Die mense op stel was so gaaf. Ons het in ’n vreemde land (Mauritius) geskiet en die mense daar het ons net met ope arms en liefde verwelkom. Daar was nie ’n enkele persoon op stel met wie ek nie oor die weg gekom het nie. Die hoogtepunt was beslis die mense.

Wat was die moeilikste deel van skiet?

Die hitte. I’m a sweaty Betty. Om te skiet in daardie humiditeit, in ’n gebou sonder ventilasie, was rof.

Sien ook vir Albert op Showmax in:

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies