Menu terloops

After the Trial S1

Op Showmax [Gepubliseer op 29 Mei 2023]


‘After the Trial’, ’n Australiese misdaadrillerreeks, speel met die menslike tendens om ons belangrikste besluite in twyfel te trek.

Kyk nou

After the Trial S1
Kyk lokprent

After the Trial – ook in sekere lande as After the Verdict bekend – draai om vier jurielede wat, nadat die hofsaak waarin hulle ’n vrou van moord vrygespreek het tot ’n einde kom, wonder of hulle die regte besluit gemaak het. Die viertal besluit dan om hul eie ondersoek van stapel te stuur. Hulle is egter geensins voorbereid op hoe hul lewens uiteindelik daardeur omgedolwe word nie.

Die premis van dié Australiese drama is een wat wys op die feilbaarheid van die mens en ons besluite.

Onder die rolverdeling tel Sullivan Stapleton (Strike Back, ook op Showmax), en Tess Haubrich (Spiderhead).


Vanaf Maandag, 29 Mei 2023, op Showmax beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies