Menu terloops
In Gons [30 Aug 2024]

Afrikaanse weergawe van ‘The Office’ in die pyplyn


Die Afrikaanse weergawe van ‘The Office’, wat deur die bekroonde Britse komediant Ricky Gervais geskep is, sal die 14de verwerking van dié gewilde reeks wees.

Kyk 'The Office' op Showmax

Afrikaanse weergawe van ‘The Office’ in die pyplyn

BBC Studios en Showmax het ’n nuwe formaatooreenkoms aangekondig om ’n Suid-Afrikaanse weergawe van die globale trefferreeks, The Office, op beide Showmax en kykNET te loods. Die formaat is deur BBC gelisensieër. Dié Showmax Original sal plaaslik deur Rapid Blue vervaardig word. Rapid Blue vorm deel van BBC Studios se internasionale versameling produksiemaatskappye.

Die wêreld is meer as 20 jaar gelede aan die wonderlike somber mokumentêre wêreld van The Office, geskep deur Ricky Gervais en Stephen Merchant, bekendgestel. MetaCritic lys dié Britse weergawe steeds as die komediereeks met die beste resensies van alle tye. Dít terwyl die Amerikaanse weergawe vyf Emmys gewen het, waaronder die toekenning vir beste komediereeks. Dit was ook die reeks met die hoogste stromingsyfer ter wêreld in 2020. 

Die Suid-Afrikaanse weergawe van The Office, nog ongetiteld, is die 14de verwerking van die formaat en sal hoofsaaklik in Afrikaans verfilm word.

Die reekse se universele lokkrag het daartoe gelei dat dié BAFTA- en Golden Globe-bekroonde kultuskomedie vir gehore reg oor die wêreld herskep is. Daaronder tel plaaslike weergawes vir Australië, Frankryk, Kanada, Chili, Indië, en Pole. Die Suid-Afrikaanse weergawe van The Office, nog ongetiteld, is die 14de verwerking van die formaat en sal hoofsaaklik in Afrikaans verfilm word.

Ikoniese reeks in Afrikaans herverbeel

“Ons heel eerste Showmax Original was ’n mokumentêr, Tali’s Wedding Diary, so ons is verheug om slegs sewe jaar later die mees ikoniese mokumentêr van almal te kan herverbeel,” sê Nicola van Niekerk, Showmax se waarnemende inhoudshoof.

BBC Studios se Suid-Afrikaanse produksiemaatskappy, Rapid Blue, sal in 2025 met vervaardiging begin. Rapid Blue het ook Is’thunzi, waarvoor Thuso Mbedu twee internasionale Emmy-benoemings ontvang het, vervaardig. Só ook plaaslike verwerkings van formate soos Dancing With The Stars, The Bachelor, Family Feud, en Come Dine With Me.

Showmax is in Februarie, in samewerking met Comcast se NBCUniversal en Sky, herloods, en word nou deur die Peacock-platform gedryf.

“Die lys van programme vir ons herbekendstelling het al nege seisoene van die Amerikaanse weergawe van The Office ingesluit. Dít het reguit tot in ons top-vyf internasionale reekse op die platform vir die maand geskiet,” sê Nicola.

“So, ons weet ons gehoor gaan ewe opgewonde wees om ons plaaslike weergawe te sien, as wat ons is om dit te maak.”

Kyk weer The Office S1-9 op Showmax terwyl jy vir die plaaslike weergawe wag.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies