Menu terloops

Accused S1

Op DStv [Gepubliseer op 28 Sep 2023]


Die andersheid van ‘Accused’, waar hofsake hoogty vier, is dat dit vanuit die beskuldigde se perspektief vertel word. Die reeks is op M-Net en DStv Stream beskikbaar.

Accused S1
Kyk lokprent

Die “komplekse en dikwels verrassende aard van die (storie se) kinkels” is wat die anthology-reeks Accused, van ander misdaaddramas uitsonder, skryf die resensent Brian Lowry van CNN. 

Die reeks is gegrond op ’n gelyknamige Britse weergawe. Dit is destyds vir die vertolkings van akteurs soos Naomie Harris, Andy Serkis, Olivia Colman en Peter Capaldi uitgesonder. 

Die Amerikaanse weergawe volg dieselfde resep met die fokus wat in elke episode op ’n ander beskuldigde in ’n misdaadsaak val. Die storie speel hoofsaaklik in die hof af met die gebeure wat tot die strafsaak voorafgegaan het wat vanuit die beskuldigde se perspektief vertel word. 

Die anthology-formaat van Accused is egter ’n dubbelsnyende swaard – hoewel dit in ’n mate bevredigend is dat ’n hele mini-verhaal  in ’n enkele episode kan uitspeel, en resolution voor die uur verby is noodwendig gevind gaan word, is dit arm aan diepte en nuanse wat deur die komplekse onderwerpe genoodsaak word. 


Weeklikse episodes van Accused vanaf 28 September om 20:00  op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101). Ook op DStv Catch Up ná uitsending. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies