Menu terloops

Accused S1

Op DStv [Gepubliseer op 28 Sep 2023]


Die andersheid van ‘Accused’, waar hofsake hoogty vier, is dat dit vanuit die beskuldigde se perspektief vertel word. Die reeks is op M-Net en DStv Stream beskikbaar.

Accused S1
Kyk lokprent

Die “komplekse en dikwels verrassende aard van die (storie se) kinkels” is wat die anthology-reeks Accused, van ander misdaaddramas uitsonder, skryf die resensent Brian Lowry van CNN. 

Die reeks is gegrond op ’n gelyknamige Britse weergawe. Dit is destyds vir die vertolkings van akteurs soos Naomie Harris, Andy Serkis, Olivia Colman en Peter Capaldi uitgesonder. 

Die Amerikaanse weergawe volg dieselfde resep met die fokus wat in elke episode op ’n ander beskuldigde in ’n misdaadsaak val. Die storie speel hoofsaaklik in die hof af met die gebeure wat tot die strafsaak voorafgegaan het wat vanuit die beskuldigde se perspektief vertel word. 

Die anthology-formaat van Accused is egter ’n dubbelsnyende swaard – hoewel dit in ’n mate bevredigend is dat ’n hele mini-verhaal  in ’n enkele episode kan uitspeel, en resolution voor die uur verby is noodwendig gevind gaan word, is dit arm aan diepte en nuanse wat deur die komplekse onderwerpe genoodsaak word. 


Weeklikse episodes van Accused vanaf 28 September om 20:00  op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101). Ook op DStv Catch Up ná uitsending. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies