Menu terloops

A Discovery of Witches S1-3

Op Showmax [Gepubliseer op 2 Mar 2022]


Al drie seisoene van die gewilde sci-fi- en fantasiereeks, ‘A Discovery of Witches’, is nou op Showmax.

Kyk nou

A Discovery of Witches S1-3
Kyk lokprent

A Discovery of Witches is gegrond op die skrywer Deborah Harkness se All Souls-trilogie.

Die reeks se derde, en laaste, seisoen, is nou op Showmax beskikbaar.

ʼn Historikus (en teësinnige heks) Dianna Bishop (vertolk deur Teresa Palmer) ontdek ʼn betowerde manuskrip in Oxford se Bodleaian-biblioteek. Ten spyte van die oeroue wantroue tussen hekse en vampiere, moet sy met die charismatiese vampier en genetikus, Matthew Clairmont (Matthew Goode) kragte saamspan.

Palmer en Goode het onteenseglike chemistry. Daarmee saam sorg ʼn spul interessante karakters vir avontuur en romanse wat teen ʼn vinnige pas ontvou.

Die eerste seisoen speel af in moderne Oxford. In die tweede seisoen reis die twee geliefdes deur tyd, terug na Elizabethaanse-Londen. Die derde seisoen begin sommer met tragedie as Dianna en Matthew uit die verlede na die hede terugkeer.

Kyk al drie seisoene van A Discovery of Witches op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies