Menu terloops
In Gons [2 Sep 2024]

6 ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September gaan boei


Hou vas aan jou stoel, want ‘Diepe Waters’ gaan vir ’n wipwarit in September sorg. 

Kyk 'Diepe Waters'

6 ‘Diepe Waters’-storielyne wat jou in September gaan boei

Hier’s hoekom jy liefs nie ’n enkele Diepe Waters-episode hierdie maand moet mis nie: 

1

Kykers was in Augustus geskok toe Gys en Zelda uiteindelik hul liefde aan mekaar tydens ’n lewensgevaarlike situasie verklaar het. Die twee is verlief, maar nie almal is ewe bly vir hulle nie. Dis te verstane met hul geskiedenis, maar gaan hierdie persoon uiteindelik ’n wig tussen hulle dryf?

2

Karla se hart was stukkend toe sy uitvind dat Chris nooit dieselfde oor haar sal voel nie. Maar saam met die geur van lente in die lug, is daar skoenlappers in haar maag as Nelius se kleinseun by die swemklub aansluit.

3

Karla is nie die enigste een wat skoenlappers voel nie – Tommie het die skoot ook hoog deur, en nogal met ’n meisie met die naam Tomi! Daar is net een probleem – Tomi het reeds ’n kêrel… 

4

Dit het geblyk asof Ben en Sanet se verhouding uiteindelik weer op koers is ná die hele Leticia-petalje. Maar dan bars daar ’n bom met ’n aankondiging van Ben af. Dit laat Sanet voor ’n kruispad, en sy weet nie watter kant toe nie.

5

Terselfdertyd sukkel Wim om die huis te verkoop, en worstel hy binne homself. Dit alles terwyl Rose reeds haar lewe in die Kaap begin het. Gaan Wim saam met Rose van voor af in die Kaap kan begin? Of is daar iets (of iemand) wat hom van plan sal laat verander? 

6

Soms kan die keuses wat jy maak jou duur te staan kom. Hoe fataal gaan ’n Diepe Waters-karakter se keuse in September wees? 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies