Menu terloops
In Lysie-lysie [1 Apr 2025]

3 goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet


Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande kinkels in die kabels in ‘Suidooster’.

Stroom 'Suidooster'

3 goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Daar is veral drie dramatiese kinkels wat ’n stormagtige maand op Suidooster voorspel en kykers vasgenael voor die kassie gaan hou. 

Hier is die drie dramatiese storielyne:

1

Wat maak jy, Carlo!?

Carlo (Jadon Booysen) se gedaanteverwisseling tel spoed op hoe meer hy betrokke raak by die verkope van Nazeem (Irvine van der Merwe) se gummies aan skoolkinders. Hy begin egter gierig raak en wil sy teikenmark vergroot.

Dis nie al nie – hy begin ook gewetenloos optree. Kort voor lank loop dinge egter lelik skeef… Lee-Ann (Portia Joel) en Wade (Dean Smith) vind uit van Carlo se onwettige bedrywighede en sit hande in die hare oor wat hulle te doen staan. Hulle probeer agter die kap van die byl kom oor wie Carlo se verskaffer is, maar hul soektog beland in ’n doodloopstraat. Het Nazeem sy spore goed genoeg uitgewis?

Suidooster April
Carlo (Jadon Booysen) se gedaanteverwisseling tel spoed op… Foto: Verskaf
2

Nuwe liefde?

Bianca (Simone Biscombe) verlang na romanse en dit lyk asof sy uiteindelik die seer van haar en Riaan (Daniel Coetzee) se mislukte verhouding verwerk het. ’n Lang, aantreklike donkerkop, Mason (Sean Aucamp-Van Noordwyk), vang haar oog. Gaan hy miskien haar ridder op ’n wit perd wees?

Suidooster April
Bianca (Simone Biscombe) verlang na romanse… maar is die nuwe man in haar lewe regtig wie hy voorgee om te wees? Foto: Verskaf

Maar Mason is nie noodwendig wie hy voorgee om te wees nie… Sy dade het ontstellende gevolge en Bianca staar ’n krisis in die gesig met nuwe demone wat haar teister. Haar skokkende gedrag maak die inwoners van Ruiterbosch bekommerd. Terselfdertyd isoleer sy haarself van almal om haar. 

3

Die oogklappe val af…

’n Indrukwekkende sakevrou, Amor (Antoinette Louw), waai soos ’n warrelwind Ruiterbosch binne en sy vryf dadelik sommer ’n paar Ruiterboschers verkeerd op. Bridgette (Denise Newman) is wel heel in haar noppies met Amor se aankoms en probeer haar bes om bande met haar te smee, maar dis ook makliker gesê as gedaan.

Dit blyk dat Amor ’n ou kennis van Elana (Esther van Waltsleben) is toe Elana self nog in die korporatiewe wêreld was. Amor oortuig dan vir Elana om weer vir haar te kom werk. Maar Elana se oogklappe vir wie en wat Amor werklik is, val af. Dit lei tot openlike vyandigheid tussen dié twee. En dan raak dinge lelik… 


Kyk Suidooster elke weeksdag om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET & Kie. Dit is ook op DStv Stream en Showmax beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies