Menu terloops

1883 S1

Op Showmax [Gepubliseer op 18 Sep 2023]


Die dramareeks ‘1883’ volg die Dutton-familie soos hulle armoede probeer ontsnap en van die Weste na Montana reis ná die Amerikaanse Burgeroorlog.

Stroom nou

1883 S1
Kyk lokprent

1883 is deel van die gewilde Yellowstone-franchise en dien as sy origin story

Dié reeks speel af in die nasleep van die Amerikaanse Burgeroorlog, en volg die Dutton-familie soos hulle armoede probeer ontsnap en van die Weste na Montana reis.

Daar begin hulle wat weldra as die Yellowstone Ranch bekend sou staan. Tim McGraw (James Dutton) en Faith Hill (Margaret Dutton) vertolk die hoofrolle. Dié twee is in die werklike lewe al vir jare getroud.

Onder die gasspelers in die reeks tel die Oscar-wenners Tom Hanks en Billy Bob Thornton.

Die reeks het ’n punt van 89% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes met die konsensus dat ’n mens nie Yellowstone hoef te kyk om 1883 te geniet nie.

Emily Potts van TheWrap skryf: “Selfs vir kykers wat nog nie in Yellowstone gedelf het nie, voer (1883 se) spanning en intensiteit (jou) mee.”

Jy kan ook Yellowstone op Showmax kyk.


1883 is vanaf 18 September 2023 op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies