Menu terloops
In Lysie-lysie [9 Mei 2025]

11 sepiemammas wat ons liefhet – én vir ons warm onder die kraag maak


Of hulle nou tough love uitdeel, inmeng in hul kinders se verhoudings, of hul kroos ten alle koste wil beskerm, dié 11 moeders en moederfigure is die hart (en drama) van ons sepies en telenovelas.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
11 sepiemammas wat ons liefhet – én vir ons warm onder die kraag maak

Hierdie Mei, ter viering van Moedersdag, lig ons ons hoede vir die matriarge wat die sepiewêreld laat draai — in goeie én slegter tye. 

Of hulle nou heldinne of skurke is (en partykeer albei), herinner hierdie sepiemammas ons daaraan dat moederskap in sepieland nooit vervelig is nie. Hierdie Moedersdag dink ons veral aan die vroue wat die pot roer, die wonde pleister en alles bymekaar hou — al is dit net-net. 

Hier is 11 onvergeetlike sepiemammas!

1

Zelda (Diepe Waters)

Diepe Waters, April hoogtepunte
Zelda (vertolk deur Sandi Schultz). Foto: Verskaf

Zelda (vertolk deur Sandi Schultz) is die grootste skelm onder die moeders! En met haar koue staar en ’n tong wat staal kan sny, het sy die kuns om mense te beheer bemeester. Of sy nou in haar dogter se lewe inmeng of haar nuutste planne by die swemklub uittoets — sy’s altyd besig met iets… En ons kan nie ongelukkig net  nie wegkyk nie.

2

Sanet (Diepe Waters)

Sanet Diepe Waters Sepierubriek
Sanet (vertolk deur Nadia Valvekens). Foto: Verskaf

Sanet (vertolk deur Nadia Valvekens) se warmte en wysheid het Diepe Waters al deur baie storms gedra. Sy is ’n ma duisend, wat diep liefhet,  selfs wanneer haar kinders dit moeilik maak. Haar vermoë om liefde te toon, selfs teenoor dié wat haar seergemaak het, maak van haar ’n uitblinker.

3

Lettie (Diepe Waters)

Lettie (vertolk deur Stephanie Baartman) in Diepe Waters. Foto: Verskaf

Lettie (vertolk deur Stephanie Baartman) loop daagliks die dun lyn tussen lojale steunpilaar en totale chaos. Al is sy self nog nie ’n ma nie, is sy altyd daar met ’n skouer om op te huil of ’n oor wat luister. Haar kafee is ’n tweede tuiste vir almal in Boskruin, en sy is ’n moederfiguur vir almal wat inloer vir ’n sny melktert, ’n melkskommel of net ’n bietjie Lettie-liefde. Haar hart is altyd op die regte plek. Kom ons hou duimvas dat haar droom om aan te neem binnekort waar word.

4

Bridgette (Suidooster)

Bridgette (vertolk deur Denise Newman) is ’n powerhouse — ’n sakemagnaat, ma, en die koningin van Suidooster Eiendomme. Haar vurige liefde vir haar familie word net geëwenaar deur haar ambisie, wat van haar ’n rolmodel én formidabele vrou maak.

5

Mymoena (Suidooster)

Suidooster
Mymoena (Jill Levenberg) Foto: Verskaf

Saggeaard, wys en diep gegrond in haar geloof — Mymoena (Jill Levenberg) is die hart van die Samsodien-familie. Sy is die tipe ma wat vrede bewaar, maar moet haar nie onderskat nie — as sy gedruk word, staan sy self teenoor haar kinders op met stille krag. En as sy praat, luister jy maar.

6

Kate (Suidooster)

Kate (Annelise Weiland) se warmte en soms skerp tong bring ’n lekkerte na elke toneel waarin sy verskyn. Sy’s die klassieke “tannie wat langsaan woon” wat almal se sake ken en nie skroom om vir jou die waarheid te vertel nie. Haar skerp humorsin en moederlike instinkte maak haar geliefd onder kykers én die hele Ruiterbosch. Sy is ook ’n tweede ma vir al haar huurders.

7

Elana (Suidooster)

ELANA, MOEDERSDAG
Elana (Esther von Waltsleben). Foto: Verskaf

As eienaar van die gewildste strandkroeg in Ruiterbosch, gee Elana (Esther von Waltsleben) altyd raad en help graag die gemeenskap. Maar die lewe gooi haar dikwels ’n kurwe. Haar reis na ouerskap was nie sonder hartseer nie, maar daar is steeds hoop dat kykNET se eerste lesbiese paartjie eendag hul happy family sal kry.

8

Hazel (Skemergrond)

Skemergrond, gids, sepiegids, Hazel
Hazel (vertolk Carmen Maarman). Foto: Verskaf

Hazel (vertolk Carmen Maarman) is altyd in survival mode, en haar moederinstinkte word dikwels deur haar eie trauma en seer beïnvloed. Sy is onvoorspelbaar, soms frustrerend — maar absoluut magneties op die skerm. Haar liefde vir haar familie is die belangrikste ding in haar lewe.

9

Tillie (Skemergrond)

Tillie (vertolk deur Deirdre Wolhuter) is die tipe ma wat onvoorwaardelike liefde gee, maak nie saak hoe deurmekaar dinge raak nie. Haar unieke wysheid en onwrikbare ondersteuning vir haar seun — selfs wanneer hy saam met haar ’n lyk wil begrawe — het haar ’n gunsteling gemaak. Sy bewys dat nie alle helde kappies dra nie — party bak en sorg vir bokke op hul plaas.

10

Naomi (Binnelanders)

Je-ani Swiegelaar, moedersdag
Naomi (vertolk deur Je-ani Swiegelaar). Verskaf

’n Sagte siel met ’n hart van goud, Naomi (vertolk deur Je-ani Swiegelaar) is almal se vertroueling. Sy balanseer haar pligte by Binneland-kliniek en die tuis met grasie en empatie. Sy is die beste stiefma en ’n tweede ma vir almal wat by haar huur of die hospitaal besoek.

11

Ella (Binnelanders)

Sepievoorskou Binnelanders, Marlee na der Merwe as Ella, moedersdag
Ella (Marlee van der Merwe). Foto: Verskaf

Stylvol, slim en soms intimiderend, Ella (Marlee van der Merwe) se rol as ’n moederfiguur is kompleks. Ná sy haar bose tweelingsuster se seun as haar eie moes grootmaak, is daar baie geheime wat hul kop uitsteek en haar verhouding met haar nefie bedreig. Maar ten spyte van alles stel sy haar rol as voog altyd eerste. Sy ís die definisie van ’n ma wat liefhet.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. 

Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies