Menu terloops
In Wat om te kyk [8 Feb 2023]

10 jaar van Silwerskermfees met kykNET-dokkie gevier


’n Boeiende nuwe dokkie om die tiende bestaansjaar van die Silwerskermfees te vier, vertel oor die merkwaardige invloed en geleenthede wat die ontstaan van die fees vir plaaslike storievertellers meegebring het.

10 jaar van Silwerskermfees met kykNET-dokkie gevier
Kyk lokprent

Dis bisar om te dink dat die Suid-Afrikaanse filmbedryf net ’n dekade gelede in ’n doodloopstraat vasgekeer was. Daar was slegs ’n handjievol Afrikaanse rolprente wat dit tot die silwerdoek kon maak. En selfs daai filmmakers is so gepootjie dat daar nie juis hoop vir ’n nuwe generasie storievertellers was nie. Enter: kykNET se Silwerskermfees. Die fees wat áls sou verander.

Winde van verandering

Die storie van dié ommeswaai, die fees se ontstaan en hoe dit gegroei het, is in ’n spesiale dokumentêre program vervat. Agter die Silwerskerm – 10 Jaar is ter viering van die fees se tiende bestaansjaar in 2022 geskep. Dit plaas die kollig op die stroom kleurvolle, diverse rolprente wat nou jaarliks onder die Silwerskermfees-vaandel gemaak en deur die fees se kortfilmprojek gevoed word.  

Terwyl die fees se stigters, Karen Meiring en Jan du Plessis, oor die fees se ontstaan, beginjare, filosofie en groei, vertel, sluit die dokkie ook onderhoude met prominente rolspelers in. Van Suid-Afrika se grootste talente wat hul eerste treë in die bedryf as deel van die kortfilmprojek gegee, deel dan ook hul suksesstories.

Silwerskermfees
Beer Adriaanse, van Hotel en Mooiweer en warm, is een van die filmmakers wat deel van die dokkie uitmaak. Foto’s: Verskaf

Fees-alumni vertel

Onder dié Silwerskermfees se kortfilm-alumni tel die formidabele filmmaker Jaco Bouwer (Gaia) en Christiaan Olwagen (Johnny is nie dood nie, Kanarie en Poppie Nongena), die baanbrekers Amy Jephta en Ephraim Gordon (Nommer 37 en Barakat), en die duo Corné en René van Rooyen (Vaselinetjie en Toorbos).

Vervaardigers, regisseurs, teksskrywers en redigeerders praat ook prontuit oor die pad wat hulle saam met die fees gestap het en hoe dit hul loopbane beïnvloed het. Allerlei staaltjies oor die fees, asook argiefmateriaal, kleur die res van die dokkie in. (Soos die storie oor hoekom Marius Weyers in trane ná Dis ek, Anna se première was. En die storie oor wat tydens Arnold Vosloo se eerste fees gebeur het…)

Die dokkie is deur Sentient Creative vervaardig met regie deur Haddad Viljoen.


Agter die Silwerskerm – 10 Jaar saai Sondag, 12 Februarie om 21:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en DStv Online uit.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

8

‘Die nuusmakers’, ‘The Newsroom’, ‘Spotlight’ en meer – kyk dié spanningsvolle stories vir ’n blik op die wêreld van nuus

Met die Afrikaanse dramareeks, 'Die nuusmakers', wat tans op kykNET uitsaai, vertel ons jou meer oor agt ander fassinerende en aangrypende stories wat in en om die nuuskantoor afspeel.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié 9 stories in Junie misloop

Die tweede aflewering van een van die grootste plaaslike TV-reekse nog – 'Shaka iLembe'; die stroperige romkom-vervolg, 'Semi-soeter' met skermbekendes Anel Alexander en Nico Panagio; die werklik wilde dokkiereeks 'Chimp Crazy'; en die vierde uittog van die bekroonde komediereeks 'Hacks', tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Junie 2025

Die skoolvakansie is vol belofte, maar dit beteken nie dat Shani, Dolf en die res drama (of trauma) kan vryspring nie... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Junie 2025

Aline verloor amper haar kop oor Caio, en Agatha se terugkeer blyk ʼn bedreiging vir meer as een karakter te wees... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Junie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies